Verkondig Genade
Vanuit Gospel Translations Afrikaans
(Nuwe bladsy geskep met '{{info|Preaching Grace}} Dit was 'n pragtige, sonnige oggend. Ek en my vrou het op ons stoep gesit en 'n rare ongesteurde oomblik geniet toe 'n wit motor in ons oprit in...')
Nuwer wysiging →
Wysiging soos op 17:00, 13 Februarie 2012
By Richard L. Ganz
About Preaching & Teaching
Part of the series A Pastor's Perspective
Translation by Melvin Dirkse
Dit was 'n pragtige, sonnige oggend. Ek en my vrou het op ons stoep gesit en 'n rare ongesteurde
oomblik geniet toe 'n wit motor in ons oprit in beweeg en ‘n paar meter voor ons stop. Die
goedgekleede bestuurder klim uit sy motor terwyl ‘n jong vrou in die motor bly sit.
oombliklik sien. Ek kyk na my vrou Nancy toe, en fluister, “Jehovah's Witnesses.” Ek sal hierna
omsien!
Die man kom nader en sê, “Goeie môre.” Voor hy nog 'n wooord verder kon sê, was ek alreeds
oorgehaal.
“Ja, en die wêreld word erger en erger nê?” “Uh ja,” gee hy antwoord,” “maar ….” Voor hy enigiets kon
sê, vlieg ek in soos Jet Li in die rolprent Fearless.
“Die saak,” sê ek, is nie hoe ek die probleme van die wereld hanteer nie.” Ek weet ons is albei oorreed
ons het die antwoord. My vraag na jou is dit: “waarheen sal jou antwoord jou na toe lei?” Hy maak
sy mond oop om te antwoord, maar Jet Li was vinniger. Weereens maak ek hom stil, verander
die onderwerp en vra, “Kan jy sê jy is 'wedergebore'”? “Nee, maar …,” antwoord hy huiwerig. Ek
onderbreuk weer, “Daar is geen 'maars' nie my vriend.” Die Bybel is teenstrydig teen wat julle groep
verkondig. “Jy MOET wedergebore wees.”
Ek kon voel hoe die man nou verwelk teen my amper meedoënlose aanslag. Ek kon nie ophou
nie. Soos ek in gaan vir die doodsklap, onthou ek hoe Jet Li in 'n toneel sy vyande vernietig met 'n
asemrowende reeks warrel skoppe. “Jesus, my vriend, is God!” skree ek in sy gesig.” Ek het nie eers
my Bybel hiervoor nodig gehad nie, soos ek vers na vers afgeratel het. “'In die begin was die Woord,
en die Woord was met God en die Woord was God” Johannes 1:1. Let wel, dis nie 'n ‘god’ soos julle
New World Translation voorstel nie. Ek kyk toe in die motor en sê vir die jong dame om vir haar vriend
te vra om 'n regte vertaling te kry.
Ek was nog lank nie klaar nie. Toe begin stap ek op en af. My gemeente van een en sy motor
gevestigde metgesel staar angsbevange na my. Terwyl die man probeer om iets te sê, gaan ek
voort: “Hy is 'God bo Almal' Romeine 9:5. As dit jou nie tevrede stel nie, wat van Kolosense 2:9, dit sê:
“Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik.” Toe herhaal ek hierdie woorde vir
beklemtoning, “VOLHEID VAN DIE GODHEID.”
Teen hierdie tyd het die man verskriklik opgewerk voorgekom. Maar hier kom my warrel skop. “en ‘n
laaste ding,” sê ek “en daarna kan jy antwoord soos jy wil.” In Openbaring 1:17-18 sê dit, “Ek is
die eerste en die laaste, en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Ek
het die sleutels van die doderyk en van die dood. ‘Wie sê jy is dit?” “Moenie antwoord nie” gee ek
antwoord. “Ons albei weet dat dit Jesus is.” Dood en lewend. Eerste en Laaste. “Interessant is dit
nie?” “Wie sê die Ou Testament is die ‘Eerste en Laaste’?” Teen hierdie tyd let ek op dat hy nie eers
meer probeer om in te meng nie. Al wat hy sê is, “Hoekom vertel jy my nie?”
Verder aangeblaas deur so ‘n toegewing, kyk ek deur die venster van die motor, met ‘n uitdrukking
van amper ongeloof op die jong vrou se gesig, sê ek dat sy volgende keer moet versoek om liewer
met iemand te gaan wat die Bybel ken. Toe draai ek om, kyk na die man en sê: “In Jesaja 44:6 sê
dit, “So sê die Here, die Koning van Isreal en die Verlosser, die Heer van die leerskare: “Ek is die
Eerste en ek is die Laaste, en buiten My is daar geen god nie.” Ek verbaas selfs myself, en dit het
alles net 10 minute geduur.
Toe kyk ek weer na die man toe en sê, “Nou is ek klaar. Wat het jy om te sê?” Hy draai om en kyk na
my toe en antwoord, “Wel ek kan jou dit sê. Ek belowe ek sal nooit ‘n Jehovah’s Witness word nie,
maar weet jy dalk waar die Monaghans bly?”
Skielik (ek weet nie hoe nie, maar skielik), toe ek besef dat hy net gestop het om rigting aanwysings te
vra, het ek daarin geslaag om hom aanwysings te gee na ons bure se huis. Op een of ander manier
het ek die moed opgebou om vir hulle te waai terwyl hulle weg ry uit ons oprit.
Die “goeie” wat ek kan neem uit hierdie ondervinding is tweevoud. Eerstens, ek het verskeie Bybel
verse afgeratel, en ek was gedeeltelik in staat om myself te vertroos met die wete dat “die Woord van
God sal nooit ledig terugkeur nie sonder om God se doele te bereik nie.”
Tweedens, dit het my laat dink. Ek het gewonder: “Is dit moontlik hoe ek voorkom as ek preek?” Ek
het besef hoe maklik dit is vir my om die ‘verlore’ met ‘n arrogante houding te hanteer. Hoe ek hulle
op ‘n oormatige manier verder verloor en terselfde tyd vir myself te laat dink hoe goed ek my van my
taak gekwyt het. Ek het besef dat as my Evangelie sowel as my voorkoms nie gevul is met genade en
liefde nie, is ek nie een of ander wonderlike prediker of wel gesproke Christen nie, maar “‘n klinkende
metaal of ‘n luidende simbaal” (I Kor. 13:1).
Mense het meer en meer van die genadevolle Jesus nodig wat hulle uitnooi na Homself (“Kom na my
toe, almal wat vermoied en belas is en Ek sal julle rus gee” Mat. 11:28). Hulle moet die Jesus sien en
hoor wat “vol genade en waarheid” is (Joh. 1:14). Mense se lewens word genoeg afgebreuk. Hulle het
nie meer daarvan nodig van die kansel af nie. Hulle het Jesus nodig, nie Jet Li nie!