John G. Paton se Vader

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Men
Topic Index
About this resource
English: John G Paton's Father

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Men
Part of the series Taste & See

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).


‘n Sleutel tot sy moed

John G. Paton was ‘n sendeling na die Nuwe Hebride, beter bekend vandag as Vanuatu, in die Suid See. Hy was in Skotland gebore in 1824. My pastoors konferensie boodskap het gehandel oor sy lewe en die moed wat hy deurgaans deaur die 82 jare van sy lewe tentoongestel het.

Die huldeblyk wat Paton aan sy godelike pa opdra, is opsigself, die waarde van sy outobiografie werd, wat nog steeds in druk is. Miskien is dit omdat ek vier seuns het (en Talitha), maar ek het geween toe ek hierdie afdeling gelees het. Dit het my met soveel verlange gevul om so ‘n vader te wees.

Daar was ‘n “binnekamer” waar sy vader as ‘n reël gaan bid het na elke eetmaal. Die elf kinders het dit geweet en het die plek eerbiedig en het iets diepsinnig geleer oor God. The impak op John Paton was enorm.

Alhoewel alles in die godsdiens deur een of ander ondenkbare katastrofe uit die geheue verwyder sou word, of uitgevee word van my verstand, het my siel altyd teruggewonder na die tonele van die vroeë dae, en himself weereens toe sluit in daardie Binnekamer, en die stil weerklanke hoor van daardie uitroepe na God, en alle twyvel verwyder word deur die triomfantelike uitroep, “Hy het met God gewandel, hoekom sal ek nie?” (Outobiografie, bl. 8).

Hoeveel van my vader se gebede my beiindruk het teen hierdie tyd sal ek nooit kan verduidelik nie, nog minder sal ‘n vreemdelilng dit verstaan. Wanneer hy op sy knieë was en ons almal om hom gekniel het tydens familie aanbidding, het hy sy hele siel uitgegiet met trane vir die bekering van Heidene die wêreld oor tot diens van Jesus en vir elke persoonlike en huislike behoefte, kon ons almal die teenwoordigheid van die Verlosser voel en het geleer om Hom te ken en lief te hê as ‘n Heilige Vriend. (Outobiografie, p. 21).

Een toneel het die diepte van die liefde tussen John en sy vader die beste vasgevang en die krag van die impak op John se lewe van onbuigsame durf en reinheid. Die tyd het aangebreek vir die jong Paton om sy ouer huis te verlaat om Glasgow toe te gaan waar hy kweekskool bygewoon het om ‘n stads sendeling te word vroeg in sy twintiger jare. Die afstand vanaf sy huisdorpie in Torthorwald tot by die trein stasie in Kilmarnock was 40 myl se stap. Veertig jaar later het Paton geskryf,

“My liewe vader het die eerste ses myl met my gestap. Sy berading en trane en hemelse gesprek op daardie afskeidstog is nog vars in my hart asof dit gister was; en trane vloei vrylik van my wange, nou soos destyds, elke keer as my gedagte terug dink aan daardie tonele. Vir omtrent die laaste halwe myl het ons saamgestap amper in ononderbroke stilte – my vader, soos dit sy gewoonte was, het sy hoed in sy hand gedra, terwyl sy lang vloeiende hare (toe geel, maar so wit soos sneeu in sy ouer jare) oor sy skouers gehang het soos dié van ‘n meisie. Sy lippe het aanhou beweeg in stille gebed vir my; en sy trane het vining geval wanneer ons oë ontmoet in tye waaarvoor geen woorde nodig was nie. Ons het stilgehou voor ons ons bestemming bereik het en hy sou my hand vasgryp vir ‘n oomblik van stilte terwyl hy met innige liefde sê, “Die Here seën jou, my seun! Jou pa se God sal jou voorspoedig maak en jou behoed van alle kwaad!”

Nie instaat om ‘n woord te sê nie, sou sy lippe steeds beweeg in stille gebed; in trane sou ons mekaar omhels en paaie skei. Ek sou weg hardloop so vining ek kon; as ek naby ‘n straathoek kom, waar hy sig van my so verloor, het ek omgekyk en hom daar sien staan met sy onbedekte hoof, steeds besig om my aan te staar. Ek sou hom groet met die waai van my hoed in ‘n finale totsiens, soos ek om die straathoek hardloop en hy oombliklik uit sig was. Maar my hart was te vol en seer om my verder te dra en ek sou in ‘n sypaadjie wegkruip en ween vir ‘n lang tyd. Na ‘n ruk sou ek versugtig opstaan en op die dyk klim om te sien of hy nog steeds op ons afskeidsplek staan, en net op daardie oomblik sou ek hom sien die dyk opklim om my te probeer sien. Hy kon my nie sien nie en nadat hy vir ‘n lang ruk gretig in my rigting kyk en my nie sien nie sou hy afklim en huiswaarts beweeg-sy hoof nog steeds onbedek, en sy hart, ek is seker, steeds in gebed vir my. Ek sou deur trane in my oë na hom staar totdat hy uit my sig verdwyn, en dan haastig oppad bieg om dikwels, met die help van God, te lewe sodat ek nooit so ‘n vader en moeder, wat die Here my gegee het, te onteer nie. (pp. 25-26)

Die impak van sy vader se geloof en gebede en liefde en dissipline was ontskatbaar. O vaders, lees en word gevul deur verlange. Met jou in die geveg.


Pastoor John