‘n Verjaarsdag Gedig vir Sending Week
Vanuit Gospel Translations Afrikaans
By John Piper
About Parenting
Part of the series Taste & See
Translation by Melvin Dirkse
You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).
Vir Karsten
Vandag my seun, het jy
Die einde van twaalf God-gegewe jare bereik,
En ek will vandag staan en preek
Dat God die Almagtige onse vrese oorneem.
Op twaalf jarige ouderdom my seun moet jy weet
Dat God omnipotent is,
En niemand kan Sy planne omverwerp nie, hulle gaan
Waar Hy dit bewillig en daar is geen teenstand.
Gee gehoor, my seun, aan wat ek sê
Want God se eindelose mag en krag
Sal ons vurig lei in die weë
Van pyn voor ons finale uur.
Wie weet wanneer ‘n goeie nag soentjie
Dalk die laaste sal wees? Of ter wille van die evangelie
God dit mag bestuur:
‘n verlangse uitroep, ‘n ope deur,
En jy daarop ag slaan, en ek bly staan,
En jy tien duisend myl
Tussen jouself en my plaas. Ek bid,
Liewe seun, dit sal wees met glimlagte.
Want die Almagtige God beheer die hemele
En op die aarde ‘n neteligge koning
Pronk sy mag en probeer tevergeefs
Om homself op te hef, terwyl ons uitbars in sang.
Here, leer my seun om U te eerbiedig,
En dat U vergoeding verseker is
En dat U ‘n toevlug is, ook,
Vir elke seun wie se weë rein is.
Almagtige God, help my om ‘n
Godelike vader te wees, onwrikbaar en soet,
Sodat ons in die komende jare
Saam mag kniel by U voete.
Pappa