Gedagtes vir Vaders uit Efesiërs 6:4

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Weergawe soos op 17:57, 2 Januarie 2013 deur Pcain (Besprekings | bydraes)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Parenting
Topic Index
About this resource
English: More Thoughts for Fathers on Ephesians 6:4

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Parenting
Part of the series Taste & See

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).



Efesiërs 6:4

Vaders …
Maak hulle groot (ektrephete auta)
in die tug (paideia)
en vermaning (nouthesia)
van die Here (kuriou)

Verlede Sondag het ons byna al ons tyd spandeer aan die eerste helfte van Efesiërs 6:4: “Vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.” Ek het die hele boodskap gebou rondom die oortuiging dat Vaders verantwoordelik is dat hulle kinders se siele krimp tot klein, harde, woedende doppe, hoofsaaklik omdat hulle self so is. Ek het die bewys en die teenmiddel vroeër in die boek gesien. Paulus sê vir ons almal, veral vaders, “Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het” (Efesiërs 4:31).

Paulus is besorgd oor ons woede, daarom noem hy die gevaar daarvan om dit aan ons kinders oor te dra. So ons het gefokus nie net op ‘n paar gedragspatrone wat pa liewers moet vermy wat kinders woedend maak nie (skree, oormatige disipline, om kinders in te hok, algemene oormatigheid, ens.). Daarom het ons gefokus op hoe pa die lae-graad kan dreineer, lang termyn frustrasie en woede wat sy siel laat krimp tot ‘n klein, harde dop wat net twee gevoelens het: woede en leemte. Dit, het ons mee saamgestem, is die ware moordernaar van pa se siel.

Woede is die mensvreter emosie. Dit vreet alles tot daar niks oor bly nie. Dit begin eers by vaders, en daarna word hierdie geslote siel oorgedra aan die kinders. Woede word geabsorbeer as die dominante emosie en al die tenger gevoelens sterf af. Paulus waarsku dat dit nie moet gebeur nie. “Vaders, moenie julle kinders vertoorn nie.” The geneesmiddel is die evangelie – “soos God jou in Christus vergewe het.”

Dis waar ons stilgehou het. Hier volg is ‘n paar gedagtes op die res van die vers.

Inhoud

Vaders …

Hou in gedagte, alhoewel beide moeder en vader saam werk om die kinders groot te maak, (“kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam,” v. 1), is vaders die spesiale fokus van vers 4. Vaders het ‘n leierskap verantwoordelikheid in die groot maak van kinders. Dit is ‘n natuurlike verlengging van die man se leierskap oor die vrou in Efesiërs 5:23-25. Pa moet die inisiatief neem om te verseker dat planne en prosesse en mense in plek is om ‘n visie te hê vir God en waarheid en heiligheid in die lewens van die kinders.

… voed hulle op … (ektrephete auta)

Hierdie woord beteken basies om te voorsien in – veral met voeding. Maar daar is a breër betekenis in die sin van kinders groot maak met ‘n konnotasie van sorg. Die uitlokkende gevoel van die woord verskyn in Efesiërs 5:29 waar Paulus sê, “Want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit.” Daardie woord “voed” is dieselfde woord as “voed hulle op” in Efesiërs 6:4. So die fokus is op die feit dat met alles wat ‘n vader moet doen om sy kinders te lei tot volwassenheid, daar ‘n voorsiening en besorgdheid moet wees wat die kind verseker dat agter al die dissipline en vermaning, daar ‘n hart van groot liefde is. Die aardse vader moet alles uitwerk ten goede van sy kind. En so word God se karakter tentoongestel.

… in die tug … (paideia)

Hierdie woord verwys na die stappe wat ‘n vader moet neem om te verseker hy gee sy kinders die nodige vaardighede en karakter om te leef tot God se glorie. Dit is nie sinoniem met lering nie. Dit hou ‘n voller en meer aktiewe betekenis in. By voorbeld, dit word gebruik in 2 Tim. 3:16 vir “lering.” “Die hele skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.” Let op “lering” word vroeër in die vers genoem. “Lering” behels die daad van die een wat geleer word en die nuttige gevolge van hoe goed of swak jy dit toe pas.

So die woord verwys dikwels na die pynlike aspek van lering. “As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie” (Heb. 12:7-8). Om op te groei met ‘n Christelike vader se hulp beteken kinders word gewys hoe om dinge te doen wat Christus loof en hoe om verantwoordelik gehou te word om dit tot ons beste vermoë te doen.

… en vermaning … (nouthesia)

Hierdie woord is nie die gewone woord vir “lering” (didaskalian) nie. “Vermaning” lê nie die volle trefkrag van hierdie woord vas nie. Dit word gebruik in samewerking met die woord “lering” as verskillend van die gebruik in Kolossense 1:28: “[Christus] verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel.” Die idee van vermaning is prominent. Een hoof Griekse leksikon definieer die woord soos volg: “om te vermaan oor die vermyding of staking van ‘n ongewensde gedragspatroon.”

Ons kan die korrektiewe vermanings sy van hierdie woord sien in I Thes. 5:14 waar Paulus sê, “En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.” Wat die onordelikes benodig is ‘n bietjie verskillend as dit van die kleinmoediges. Dit word genoem vermaan – ‘n korrektiewe waarskuwing teen die nutteloosheid van hierdie tipe onordelikheid.

Maar Paulus is gretig om seker te maak ons beleef die soetheid van die vermaning wat hy in gedagte het. Kry die gevoel van die woord in hierdie twee verse: I Kor. 4:14, “Ek skrywe hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar ek vermaan julle as my geliefde kinders”; 2 Thes, “Ek beskou hom nie as ‘n vyand nie, maar vermaan hom as ‘n broeder.” Daar is ‘n warmte in die teregwysing, vermaning en die leiding wat vaders geroep is om te doen. Jy kan dit selfs sing. En vaders behoort dit te sing: “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.”

… van die Here … (kuriou)

Dit verwysig die tug en vermaning. “Maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.” Ek neem aan dit beteken die inhoud van ‘n vader se lering en vermaning, en die metode hoe die vader dissipline ten toon stel, en die doel van die vader se hele lewe kom van die Here, deur die Here en vir die Here. Dit beteken ‘n vader se woorde en gedrag word gelei deur die woord van God en hy sal vertrou op God se wysheid en krag om dit toe te pas, en alles lei om Christus te dien met glorie. Met ander woorde, die mees belangrike aspek van kinders groot maak is om kinders te laat sien dat Christus, die Here is en Hom sien as uiters kosbare Verlosser en Heer en Skatkis van die lewe. Alles word gemeet deur hoe dit bereik word teen God’s Woord.

O Heer, skenk aan al ons vaders die vermoë om ons kinders te lei (selfs ons volwasse kinders) om Christus meer getrou lief te hê bo alles.

Pastoor John