Bybelse denke oor bekommernis

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

(Verskil tussen weergawes)
Spring na:navigasie, soek
Mollymullery (Besprekings | bydraes)
(Nuwe bladsy geskep met '{{info|Thinking Biblically About Worry}} Sally bekommer haarself heeldag oor die kinders wanneer hulle by die skool is. Jed dra altyd die las van sy finansies. Linda is ba...')
Nuwer wysiging →

Wysiging soos op 14:01, 6 April 2012

Related resources
More By Paul Tripp
Author Index
More About Fear & Anxiety
Topic Index
About this resource
English: Thinking Biblically About Worry

© Ligonier Ministries

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By Paul Tripp About Fear & Anxiety
Part of the series Tabletalk

Translation by Clarien Kurzepa

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).


Sally bekommer haarself heeldag oor die kinders wanneer hulle by die skool is. Jed dra altyd die las van sy finansies. Linda is bang dat sy nooit gaan trou nie. Sarah sien op na die pyne van oud-word. Fred bekommer homself permanent oor wat mense om hom oor hom dink. Benji is bekommerd dat hy nie die span sal maak nie. Mary is nooit ontslae van bekommernis oor haar gewig nie. Cindy het al meningte slapelose nagte gehad terwyl sy oor haar verhouding met Brad bekommer het. As ‘n senior, is Jared bietjie paniekbevange oor wat na college gaan gebeur. Jacqueline erken dat sy so ‘n bietjie van ‘n obsessie het met kieme en netheid. Ben vermy groot skare, maar hy wil nie hê dat enige iemand moet weet nie. Sharon is bang dat God haar nie lief het nie, maar sy praat nie baie daaroor nie. Ron weet hy spandeer te veel tyd om oor die verloor van sy werk te bekommer, maar hy kan net nie vermy om daaraan te dink nie. Dina bekommer haarself so oor haar kinders dat sy bang is dat haar gereëlde oproepe hulle sal wegdryf. Pete het baie goed gedoen in die seminarium, maar sy preke gaan altyd met angs gepaard.

Bekommernis – dit is regtig oral. Miskien is dit een ondervinding wat ons almal in gemeen het. Neem die bogenoemde mense in aanmerking. Hulle het almal twee goed in gemeen. Hulle is almal erkende gelowiges en hulle almal sukkel met bekommernis. Wat van jou? Hoeveel is bekommernis van enige soort ‘n gereëlde deel van jou daaglikse gedagtes lewe? Hoeveel beïnvloed bekommernis wat jy doen en wat jy nie doen nie? Hoe reageer bekommernis met die geloof wat vir jou baie beteken? Kan dit wees dat bekommernis ‘n groter invloed op jou lewe het as wat jy dit tipies voorgestel het om te wees?

Dalk is bekommernis een van die vuil geheime van die kerk. Dalk maak dit ons skaam, passief en twyfelagtig terwyl ons teologie vir ons vertel dat ons alle rede het om braaf, aktief en seker te wees. Kan dit wees dat baie van ons met ‘n groot gaping leef tussen die teologiese sekerheid wat ons Sondag in die kerk vier, en die straat- vlak vrees, bekommernis en angs wat vir die res van die week saam met ons is? Hoekom is so baie van ons so baie bekommerd? Hoekom ondervind ons nie die rustigheid wat die evangelie veronderstel is om vir ons te gee nie? Waarom het ons slapelose nagte, senuweeagtige mage en prikkelbare dae? Hoekom kom bekommernis so gereeld by ons deur in?

Bekommernis en die gevalle wêreld

Dalk moet jou antwoord op die vraag wat ek gevra het wees: “Paul, ek bekommer myself want ek leef in ‘n gevalle wêreld!” Dit is waar dat die wêreld waarin ons lewe net eenvoudig nie op die manier werk soos die Skepper bedoel het nie. As gevolg van dit lewe ons in ‘n wêreld waar oneerlikheid, gevaar en teleurstelling realiteite is. Die Bybel is nogal eerlik in die daarstelling van hoe gebroke hierdie wêreld eintlik is. Daar is dinge in hierdie wêreld waarvoor jul moet bang wees. Daar is dinge wat jul aandag sal moet trek en verontrus sal veroorsaak. Daar is dinge waaraan jy sal moet werk om te vermy, en om jou geliefdes teen te beskerm. Jul moet versigtig en bedag lewe. Dit is ‘n verantwoordelike, goddelike ding om te doen om met ‘n realistiese verwagting te leef, wat deur ‘n bybelse begrip van die gevallenheid van ons wêreld verskaf word. Jul moet nie naïef wees nie. Jul moet altyd onthou dat die shalom (vrede en heelheid) wat die Skepper aan hierdie kant van die hemel geskep het, verstrooi is. Elke dag, op een of ander manier, sal die gebrokenheid van jou wêreld op jou neerdruk. Dit sal so bly totdat jy oorgaan na die ander kant toe.

Maar, ‘n belangrike onderskeid is nodig om gemaak te word tussen die volgende: om na die lewe te kyk deur die eerlike lens van die Woord, en om ‘n lewe te leef van subtiele en nie-so-subtiele bekommernis. In die Bybel word ons gekonfronteer met die realiteit dat mense die wonderlikste rus vir hul siele ondervind tydens sekere van die moeilikste realiteite van ‘n gevalle wêreld. Kom ek gee vir jul een indrukwekkende voorbeeld:

Psalm 3 en 4 is oggend en aand psalms, geskryf toe Dawid vir sy lewe gevlug het en van diegene wat sy troon wou neem. Jul ken die agtergrond storie. Dit was Dawid se seun, Absalom wat agter sy troon aan was. Hy het klaar die harte van die mense van Israel gewen, en nou was hy agter sy vader se koninkryk aan. Dawid het geweet waaroor dit gaan. Dit was ‘n monarchie: vir ‘n seun om permanent sy pa se troon oor te neem, sou die vader moes sterf. So, Dawid vlug vir sy lewe met ‘n klein groep getroue mans en kruip in ‘n grot weg. Daar is heel waarskeinlik nie ‘n meer hartverskeurende storie in die Woord nie: sonde wat ‘n familie uitmekaar uit skeur, sonde wat tot opstand en moontlik die dood lei. In hierdie storie sien ‘n mens die gevalle wêreld op sy ergste. Maar in die middel van dit alles, is Dawid nie deur paniek met lamheid geslaan nie. Hy is nie deur bekommernis gedryf nie. Hy is nie geboeid deur “wat as” nie. Nee, Dawid is merkwaardigend rustig. Kyk na wat hy vanuit die grot uit skryf: “U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het. Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon.” (Ps. 4:8,9). Dawid ondervind die volle gewig van die teleurstelling en gevaar van die lewe in hierdie gevalle wêreld, maar hy is nie oorval met angs nie. Sy hart is rustig en sy lyf kan slaap, selfs in die middel van wat enige vader se hart sou breek.

Dawid se storie en Dawid se psalm konfronteer ons met iets belangrik. Dit is wat ons vir die res van die artikel gaan afpak. Hier is dit: Die moeilikhede van die lewe in hierdie gevalle wêreld is die rede vir ons bekommernis, maar nie die oorsaak nie.

Om die oorsaak te verstaan moet jy dieper kyk. Dawid was in ‘n situasie wat rede kon gewees het vir baie bekommernis, hy was alhoewel nie bang of angstig nie. Sy rustigheid wys vir ons waar ons hulp kan vind. Bekommernis word nie veroorsaak deur wat buite ons voorkom nie. Nee, bekommernis word veroorsaak deur wat binne-in ons aangaan.

Gekrimpte wêrelde en bekommernis

Om te verstaan waarom ons Christene geneig is om ons meer as enige iemand te bekommer met ons teologie van alledaagse lewe, gaan ek jul op ‘n bietjie van ‘n bybelse toer neem. Ek wil met twee verse begin wat uitstekende insig voorsien in wat sonde aan ons almal doen. Hierdie verse begin om vir ons te wys waarom bekommernis so ‘n universele worsteling is. “Die liefde van Christus dwing ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. En Hy het vir almal gesterwe sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.” (2 Kor. 5:14-15; beklemtoning: myne).

In die tien woorde wat ek beklemtoon het, maak Paulus ‘n treffende observasie oor hoe sonde elke persoon se lewensbenadering prinsipieel verander. Ek was veronderstel om vir iets heelwat goter as myself te lewe. Ek was geskep om vir God te lewe – Sy koninkryk en Sy heerlikheid. Ek was ontwerp om my identiteit, plan en doel sowel as my innerlike gevoel van welstand, vertikaal te verkry. Ek was gemaak om my rede vir wat ek doen en om my rustigheid in die middel van dit, vanaf God te ontvang. Maar sonde veroorsaak dat elkeen van ons vir onsself leef, bedoelende, om ons lewens te krimp tot die grootte van ons eie lewens. Sonde veroorsaak dat ons die gebied van ons drome en belange beperk tot ons behoeftes, ons benodighede en ons gevoelens. Sonde maak ons gevaarlik self-gesentreert, selfgeabsorbeerd en self-gemotiveerd.

Wat het dit te doen met bekommernis? Alles! As gevolg van sonde, assosieer ons nie meer ons innerlike vrede met God nie; wie die definisie van weisheid, krag en liefde is, en wie nooit ooit sal verander nie. Nee, sonder om te besef wat ons gedoen het, begin ons horisontaal soek vir ons identiteit, plan en ons innerlike gevoel van welstand. Ons kyk na die gebroke en ewig-veranderende situasies en verhoudings van hierdie gevalle wêreld vir ons doel en ons innerlike rustigheid. Dinge wat nie ontwerp was om vir ons vrede te geen nie en waaroor ons geen beheer het nie, word ons vervangings messiahs. Ons vra vir hulle om vir ons te doen wat net God in staat is om te doen. Jy sien, hier is wat gebeur: belangrike dinge (soos familie, werk, behuising, geld, ens.) word veels te belangrik vir ons, want dit word die plekke waar ons op soek is na rustigheid. Wanneer dit so is gee dit ons nie net geen rus nie, maar dit word die rede vir eindelose siklusse van bekommernis, angs en vrees, en dit is duidelik in die daaglikse lewe van te veel gelowiges. Jou werk is belangrik, maar dit moet nie die bron van jou identiteit wees nie, en wanneer dit is sal dit die oorsaak van eindelose angs wees. Jou huwelik of vriendskappe is belangrik, maar dit moet nie die

plek wees waar jy vir innerlike vrede soek nie. Hier is wat die Woord ons aanspoor om te sê: Bekommernis wat ons met lamheid slaan vertoon meer oor wat binne-in ons is as wat buite ons is. Dit is waar ek dink ons volgende stuk, Matteus 6:19-34 so hulpvul is.

Koninkryke, skatte en bekommernis

Matteus 6:19-34 is een van die Bybel se bekendste stukke oor angs en bekommernis. (Hoekom nie nou die tyd maak om dit te lees nie?). Wie ken nie die woorde: “Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?” (v. 27) of “Julle moet dus nie bekommer en vra: “Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?” nie.” (v. 31). Wanneer jy van hierdie stuk af terug staan, sien jy dadelik dat dit baie meer as ‘n ondersoek van bekommernis is. Dit is eintlik ‘n omstandige ontleding van die oorlog tussen die koninkryk van God en die koninkryk van self. Dit is presies waarom dit sê wat dit sê oor bekommernis. Dit leer ons dat daar ‘n oorlog van die hart is agter elke oomblik van bekommernis. Dié oorlog wat in ons harte heers gaan oor of dit óf effektief en funksioneel deur die koninkryk van God óf die koninkryk van self regeer word.

As gevolg van sonde is ons wroeginge met die koninkryk van self so deurdringend en verleidelik dat Christus meeste van Sy tyd spandeer om die dinamika van hierdie koninkryk bekend te maak (vv. 19-32). Dit is nie tot die eerste word van van vers 33 nie, “Nee”, wat ons by die omdraai punt van die stuk kom en die roeping om vir die koninkryk van God te leef. Wat God hoofsaaklik sê is dat die koninkryk van die self gedryf is deur ‘n najaging van aardgebonde skatte en behoeftes verbind met angs. Die koninkryk van die self krimp die lewe af na ‘n katalogus van fisiese, eksperimentele skatte en ‘n lys van persoonlike behoeftes. In hierdie koninkryk leef ek om seker te maak dat ek verkry wat ek wil en ek vervul my behoeftes. Nou, voordat jy sê: “Wel, Paul, ek lewe nie so nie!” kom ek vra jou, hoeveel van jou bekommernis in die laaste maand het enigiets hoegenaamd met die koninkryk van God te doen gehad?

Ek sal jou graag wil aanmoedig om nederig toe te laat dat hierdie stuk ‘n spieël sal wees waarin jy kyk, om dinge van jouself te sien wat jy op geen ander manier sal sien nie. Christus gebruik ‘n baie hulpvolle woord hier vir die dinge wat ons harte verower: skat. Dink aan hierdie woord. Daar is baie min skatte in die lewe wat intrinsieke waarde het. Meeste skatte het bepaalbare waarde. Dis waarom die ou spreukwoord sê: “Die een se weggooi-goed is die ander se nuutgevonde skat” Byvoorbeeld, waarom is a twintig doller rekening twintig doller werd? Dit is nie omdat dit twintig doller werd is in ink of papier nie. Nee, die waarde is toebedeel. Op dieselfde manier bedeel jy waarde toe op dinge in jou lewe. Dit is onmoontlik om ‘n mens te wees en dit nie te doen nie. Jesus waarsku ons om versigtig te wees aan wat ons waarde toebedeel, want dit wat ons as ons skatte noem, sal ons harte oorheers.

Hoe word dit met bekommernis verbind? Die verband is vanselfsprekend en kragtig. Bekommernis en rustigheid vertoon altyd die ware skatte van jou hart. Jy sal die meeste gerus voel wanneer wat vir jou die belangrikste, veilig is, en jy sal die meeste bekommer wanneer dit wat vir jou die belangrikste is, in gevaar is. Wat vertoon jou wêreld van bekommernis oor die ware skatte van jou hart?

Maar in hierdie stuk gebruik Jesus ‘n ander uitdrukkende kategorie – behoefte. Jou lewe is altyd bepaal deur wat jy vir jouself sê jy het nodig. As behoefte “essensieel vir lewe” beteken, dan is iets wat ‘n behoefte is ‘n betekenisvolle toewyding. As jy oortuig is dat iets ‘n behoefte is dan mag dit reg lyk om te verwag dat jy dit sal hê, en dan mag dit natuurlik wees om te bekommer dat jy dit dalk nie sal kry nie. Die woord behoefte is miskien een van die slordigste woorde wat deur mense gebruik word. Die ontsaglike meerderheid van die dinge wat ons behoeftes noem, is nie behoeftes nie. En Jesus sal argumenteer dat onse hemelse Vader dit wat ware behoeftes is, goedgunstelik sal voorsien.

Die toebedeling van behoeftes word op twee maniere met bekommernis verbind. Eerstens sal jy geneig wees om te bekommer wanneer jy goed wat jy nie eintlik nodig het nie, en nie kan beheer nie, met jou lewenskrag assosieer. En tweedens, sal jy geneig wees om te bekommer wanneer jy met ‘n wettige behoefte in die gesig gestaar word en jou hemelse Vader en sy ewig-getroue verbondsliefde vergeet. Jou Vader is soewerein, wys, goedgunstig en magtig. Hy heers oor alle dinge ter wille van Sy kerk (Ef. 1:15-23). Omdat hy nie sy Seun gespaar het nie, sal Hy ons nie vrylik voorsien met alles wat ons regtig nodig het nie (Rom. 8:31-32)?

Rustigheid en oorlog

Ek is diep oortuig dat egte, durende persoonlike rustigheid nooit gevind kan word in die maklikste van omstandighede nie. Selfs in die beste van situasies in hierdie gevalle wêreld, sal jou hart redes vind vir bekommernis. Innerlike rus van die siel en durende vrede van die hart kan net ooit gevind word wanneer Jesus en Sy koninkryk jou hoogste en diepste skatte is. Wanneer jy jou identiteit in Sy hande plaas wat nooit sal verander nie, en wanneer jy jou plan en doel in die onophoudbare werk van Sy koninkryk vind, en wanneer jy jou innerlike gevoel van welstand op die onfeilbare fondasie van Sy belofte plaas, om elkeen van jou behoeftes te voorsien, sal jy in staat wees om te kan rus selfs wanneer omstandighede en verhoudings om jou gebroke is.

Om bekommernis te oorkom, gaan nie oor om te hoop dat môre sal beter wees nie. Nee, om bekommernis te verslaan is om ‘n soldaat te wees in hierdie dieper oorlog van die hart. Dit gaan oor die bekamping van die versoeking om die vrede van jou hart met dinge te verbind wat uiteraard tydelik is, en dus nie ‘n organiese ontwerp is om vir jou durende vrede te gee nie (sien Matt. 6:19). Dit gaan oor die daaglikse voeding van jou siel op die beloftes en voorsiening van jou hemelse Vader. Dit gaan oor spesiale voorsorg wat getref moet word voordat jy iets ‘n behoefte noem. En dit behels om te lewe vir iets wat groter as jy is. Dit gaan oor die gee van liefde en

besorgdheid van jou hart aan die Koning en Sy koninkryk en die stryd teen die instink om ‘n Lilliputterse koninkryk van jou eie te bou. Die koninkryk van self sal jou nooit rus gee nie, want dit het nie die vermoë om die drange van jou hart te bevredig nie.

In die grot was Dawid reg toe hy gesê het: “Here, U alleen laat my veilig woon.” (Ps. 4:9). Dit is asof Dawid sê: “My vrede word nie gevind in plekke, verhoudings en omstandighede nie; dit word in die Here gevind. As gevolg van dit is ek vry van bekommernis hier in hierdie grot soos wat ek in die paleis was. Ja, Dawid was bedroef soos enige vader sou wees, en nee, hy het nie geweet hoe dinge sou uitdraai nie; maar in die middel van sy vrae, en in die hewige pyn van sy smart was hy ‘n man met ‘n rustige hart, soveel so dat hy kon slaap.

Bekommernis en rustigheid vertoon altyd die ware skatte van ons harte, en in hierdie stryd is ons nie alleen nie, want die Koning vir wie ons geroep is om te dien is ook Immanuel. Hy is ewig saam met ons en veg vir ons deur Sy genade.