Die Verdriet van Vaders en Seuns

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Parenting
Topic Index
About this resource
English: The Sorrows of Fathers and Sons

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Parenting
Part of the series Taste & See

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).


Gedagtes van die lewens van C. S. Lewis en Robert Louis Stevenson

Robert Louis Stevenson, die skrywer van Treasure Island, was gebore in 1850 en groot gemaak in ‘n Christen huis in Skotland. Sy pa was ‘n siviele inginieur en het sy enigste kind groot gemaak om die Bybel en die Korter Kategisme te ken en daarin te glo.

Toe Robert Edinburgh Universiteit toe is, het hy sy geloof van sy kinderdae verlaat en nooit teruggekeur nie. Hy het ‘n klub gestig en een van hulle slagspreke was, “Ignoreer alles wat ons ouers ons geleer het.” Sy pa het dit op ‘n stukkie papier gevind en was ingelig dat Robert nie meer in die Christelike geloof geglo het nie.

Die vader, in ‘n oormatige steling wat die gewig van verdriet dra, nie die akkuraatheid van die waarheid nie, het gesê, “Jy het my hele lewe in ‘n mislukking gedompel.”

Robert het aan ‘n nie-Christen vriend geskryf, “Dit was regtig pateties om te hoor hoe my pa uitdruklik vir my bid vandag tydens die familie aanbidding, en om te dink die arme man se gebede was gerig aan niks better nie as ‘n kandelaar, wat nie kan hoor of antwoord nie.”

De pad het nie verander nie, nog die pa se verdriet. Aan die einde het Robert ‘n getroude vrou probeer inpalm. Sy het uiteindelik van haar man geskei om met hom te trou. Depressie was nie genees deur alkohol nie. Hulle het na die Samoaanse Eiland in die Suid See gevaar waar Robert skielik gesterf het op die ouderdom van 44 van serebrale bloeding in 1894.

Hy het geskryf, “die sooie bedek ons, en die wurm wat nooit sterf nie, die bewusyn slaap goed ten einde, (en die lewe is ‘n) pelgrimsreis van niks tot nêrens.”

‘n Seun is nie a vader se enigste lewens-belegging nie, maar daar is geen soos dit nie, en as dit misluk, dan is daar verdriet soos geen ander verdriet nie.


Vier jaar later na die dood van Robert Louis Stevenson was nog ‘n literêre reus, C.S. Lewis, gebore. Sy storie van ongeloof het ‘n meer gelukkiger einde maar sy verhouding met sy pa, Albert, was verskriklik pynlik vir die vader.

Sy ma Florence het gesterf aan kanker toe Lewis 9 jaar oud was. Sy pa het nie weer getrou nie. Daar was genoeg gebrek aan albei kante – vader en seun. Maar die wonde van die seun was meer duidelik and amper wreedaardig.

Teen die tyd toe Lewis 20 jaar oud was in 1919, was hy, tot sy pa se konsternasie, ‘n geswore ateïs (godloënaar). Daardie somer was hy waarskynlik in ‘n seksuele verhouding met ‘n vrou wat oud genoug was om sy ma te wees en besig om van sy pa se geld te leef op Oxford Universiteit, en om leuns te vertel daaroor.

Albert het in sy joernaal geskryf van die ineenstorting van sy verhouding met sy jongste seun, en een plofbare ondervinding toe hy ontdek het dat sy seun vir hom gejok het oor sy bank rekening.

Hy het gesê hy het geen respek vir my nie – geen vertroue in my nie …. Dat al my liefde en toewyding en self-opoffering dit aangebring het – dat hy my my nie respekteer nie. Dat hy my nie vertrou nie … Ek het gedurende die afgelope vier maande deur die mees bedroewende periode van my hele lewe gegaan – in baie opsigte die mees bedroewende …. Die verlies van Jack se affeksie, as dit permanent sal wees, is onafwendbaar en laat my verskrilik bedroef and hartseer.

Albert het gedurf om dit te noem in ‘n brief aan sy seun maande later, maar het ‘n gevoelose antwoord ontvang waarin die seun verduidelik hoe sy vorige ongevoeligheid geregverdig was:

“Aangaande die ander kwessies waarvan jy gepraat het in jou briewe … Ek is seker jy sal met my saamstem dat die self-vertroue en affeksie wat ons albei na verlang waarskynlik herstel kan word deur eerlike pogings aan albei kante en toleransie – soos wat altyd nodig is tussen onvolmaakte menslike skeppings – as deur enige antwoord van my wat nie volkome innig is nie.”

‘n Mate van waarheid daar, maar geen berou.

Snaaks genoeg, beide Stevenson en Lewis se vaders het geldjies aan hulle seuns gestuur ten spyte van die verwerping. Ten spyte van woorde soos, “Ek is eenvoudig net nie daarin instaat on in dieselfde woning as my pa te bly nie” (Stevenson); en, “Ek kan hom net nie in die gesig staar nie” (Lewis), het die vaders nog steeds hulle seuns ondersteun.

Ses jaar na sy vader se dood het Lewis aan ‘n vriend geskryf om hom op hoogte te bring van gebuere van die afgelope dekade. “My pa is dood… Ek het diep berou oor my verhouding met my pa (maar dank God, dit was die beste aan die einde). Ek verloor my hare. Ek is ‘n Christen.”

Miskien was dit die regte ding om geld te stuur gedurende die gebroke jare. Miskien nie. Dit bewys nie aanbeveling nie of dat die verdriet verdwyn het nie. Liewer, dit toon dat ‘n tipe band tussen vaders en seuns wat die grondlegging is van pyn, nie die verwydering daarvan nie.