Ouer Wees: Die Vreudgevolle Onmoontlikheid

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

(Verskil tussen weergawes)
Spring na:navigasie, soek
(Nuwe bladsy geskep met '{{info|Parenting: The Joyful Impossibility}}Dit was elf uur op ‘n Sondag aand toe ek by ‘n kruideniersware winkel parkeer area uittrek, moeg en oorweldig. Nadat ons ons ...')
 
Lyn 15: Lyn 15:
Dit het my getref, as ek ‘n instrument van transformerende genade in my kinders se lewens wil wees, ek daagliks van myself gered moes word. Dis waarom Jesus gekom het, sodat ek elke hulpbron tot my beskikking gehad het om te wees en te doen wat Hy my geroep het om te doen. In Sy lewe, dood en opstanding het ek alreeds alles ontvang om Sy instrument van redding, vergifnis en transformerende genade te wees.  
Dit het my getref, as ek ‘n instrument van transformerende genade in my kinders se lewens wil wees, ek daagliks van myself gered moes word. Dis waarom Jesus gekom het, sodat ek elke hulpbron tot my beskikking gehad het om te wees en te doen wat Hy my geroep het om te doen. In Sy lewe, dood en opstanding het ek alreeds alles ontvang om Sy instrument van redding, vergifnis en transformerende genade te wees.  
-
Daardie aand het ek die vreugde in die ontmoontlikheid ontdek. Die taak is veel groter as ons vermoëns as ouers, maar ons is nie ons kinders se verlosser nie en ons word nie oorgelaat aan die hulpbronne van ons eie karakter, wysheid of sterkte nie. Ons kinders het ‘n Verlosser. Hy is met hulle en Hy werk in hulle deur ons. Die wyse hemelse Vader werk in almal se lewens op die toneel en Hy sal ons nie roep vir ‘n taak waarvoor Hy ons nie bemag het nie.
+
Daardie aand het ek die vreugde in die onmoontlikheid ontdek. Die taak is veel groter as ons vermoëns as ouers, maar ons is nie ons kinders se verlosser nie en ons word nie oorgelaat aan die hulpbronne van ons eie karakter, wysheid of sterkte nie. Ons kinders het ‘n Verlosser. Hy is met hulle en Hy werk in hulle deur ons. Die wyse hemelse Vader werk in almal se lewens op die toneel en Hy sal ons nie roep vir ‘n taak waarvoor Hy ons nie bemag het nie.

Huidige wysiging per 17:53, 23 April 2013

Related resources
More By Paul Tripp
Author Index
More About Parenting
Topic Index
About this resource
English: Parenting: The Joyful Impossibility

© The Gospel Coalition

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By Paul Tripp About Parenting

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).


Dit was elf uur op ‘n Sondag aand toe ek by ‘n kruideniersware winkel parkeer area uittrek, moeg en oorweldig. Nadat ons ons vier kinders later as gewoonlik in die bed gesit het, het Luella ontdek dat daar niks in die huis was vir die kinders se kosblikkies die volgende dag nie. Met ‘n houding wat nie as vreugde kan beskryf word nie, het ek in my motor geklim and moes die middernagtelike koslopie doen. Terwyl ek wag vir die verkeerslig om oor te slaan, sodat ek die parkeer area kan verlaat oppad huis toe, tref dit my. Dit het vir my voorgekom asof ek ‘n onmoontlike taak gegee was om te doen; ek het verkies om die vader van vier kinders te wees.

Dit is verontmoedigend en ‘n bietjie moeilik om te erken, maar ek het in my motor gesit en gewonder hoe dit sou wees om ‘n enkeling te wees. Nee, ek wou nie regtig vir Luella en my kinders alleen laat nie, maar dit het net vir my begin voel asof my rol as ouer my op hierdie stadium oorweldig het. Dit het gevoel asof ek niks oorgehad het vir die volgende dag nie, ‘n duisend stryde tussen broers en susters, ‘n duisend gesags ontmoetings, ‘n duisend kennisgewings, ‘n duisend waarskuwings, ‘n duisend regstellings, ‘n duisend oomblikke van dissipline, ‘n duisend verduidelikings, ‘n duisend keer praat oor die teenswoordigheid en genade van Jesus, ‘n duisend keer die kinders help om hulself in die spieël van God se Woord met akkuraatheid te bekyk, ‘n duisend keer “vergewe my asseblief” en ‘n duisend keer “Ek is lief vir jou.” Dit wou vir my voorkom asof dit ontmoontlik is om getrou te wees aan die taak en om die tyd en energie oor te hê om enigiets anders te doen.

Nou gaan ek iets skryf wat miskien sal voorkom as half irrasioneel of intuïtief, Daardie oomblik in die motor was nie donker and aaklig nie. Nee, dit was ‘n kosbare oomblik van getroue genade. In plaas daarvan dat my las swaarder geword het, het ek ‘n gevoel van verligting gehad.

Daar is twee dinge wat ek daardie aand geleer het wat my ondervinding as ‘n ouer verander het.

1. Ek het die feit in die gesig gestaar dat ek hoogenaamd geen vermoeë het om my kinders te verander nie. Op maniere waarvan ek geheel en al onbewis van was, het ek die verantwoordelikheid om te verander op my skouers gedra. Ek was onder die indruk dat die mag van my eie logika, die toorn van my dissipline, die uitdrukking op my gesig, of deur my stemtoon kon ek my kinders se harte verander en daardeur hulle gedrag bepaal. Daagliks sou ek soggens opstaan en probeer om as die self aangestelde messias van my kinders op te tree. En hoe meer ek probeer het om dit te doen wat buite my beheer was, hoe meer het dit my woede gestook en myself teleurgestel, en my kinders gefrustreer en ontmoedig. Dit was ‘n groot gemors. Ek was ‘n pastoor, steeds het ek misluk om te sien hoe ek, in my rol as ouer die presiese evangelie wat ek getrou verkondig het Sondag na Sondag, verloon het. In my huis, terwyl ek probeer het om groei en verandering in my kinders teweeg te bring, het ek opgetree asof daar geen plan van verlossing was nie, geen Jesus die Christus, geen kruis van opoffering, geen leë graf, geen lewende en aktiewe Heilige Gees nie. Daardie aand het God my oë oopgemaak en my laat besef dat ek wou hê die wet moes doen wat net genade kan teweegbring, en dit sou nooit werk nie.

Ek het besef as al my kinders ‘n stel reëls en ‘n ouer wat funksioneer as regter, jurie en bewaarder nodig gehad het, sou dit nooit nodig was vir Jesus om te kom nie. Dit het my getref dat die fundamentele veranderinge wat moet plaasvind op die diepste vlak van denke en verlange in my kinders, wat lei tot betekenisvolle verandering in hulle gedrag, sal net gebeur deur middel van die kragtige, vergewende en transformerende genade van die Here Jesus Christus. Ek het besef as ‘n ouer was ek nie geroep as ‘n vervaardiger van verandering nie, maar wel om ‘n gewillige instrument in die magtige hande van God, God, wie alleen die mag het en die gewilligheid om ons ongedaan te maak en ons weer te herbou. Maar daar was ‘n tweede ding wat ek daardie aand gekry het.

2. Ek het besef ek moet self ‘n instrument van genade wees omdat ek self genade brood nodig het. In ‘n oomblik van belydenis en versaking van my eie outonomie en bekwaamheid, het ek my swakheid van karakter, wysheid en krag in die gesig gestaar. Ek het aan God en myself belei dat ek nie die vermoë het binne in my om die taak waarvoor ek geroep was te bewerkstellig nie. Ek het nie die eindelose geduld, getroue uithouvermoë, kostante liefde en genade wat nodig is om die instrument van God vir my kinders te wees nie. En met daardie erkenning het ek besef dat ek baie meer soos my kinders was. Soos hulle was ek onafhanklik en self-onderhoubaar. Soos hulle hou ek nie altyd van gesag nie en stel ek nie ‘n hoë prys op wysheid nie. Soos hulle wil ek my eie reëls bepaal en my eie planne najaag. Ek wil hê die lewe moet voorspelbaar, gemaklik en maklik wees. Soos hulle wil ek die lewe bepaal deur my eie belange.

Dit het my getref, as ek ‘n instrument van transformerende genade in my kinders se lewens wil wees, ek daagliks van myself gered moes word. Dis waarom Jesus gekom het, sodat ek elke hulpbron tot my beskikking gehad het om te wees en te doen wat Hy my geroep het om te doen. In Sy lewe, dood en opstanding het ek alreeds alles ontvang om Sy instrument van redding, vergifnis en transformerende genade te wees.

Daardie aand het ek die vreugde in die onmoontlikheid ontdek. Die taak is veel groter as ons vermoëns as ouers, maar ons is nie ons kinders se verlosser nie en ons word nie oorgelaat aan die hulpbronne van ons eie karakter, wysheid of sterkte nie. Ons kinders het ‘n Verlosser. Hy is met hulle en Hy werk in hulle deur ons. Die wyse hemelse Vader werk in almal se lewens op die toneel en Hy sal ons nie roep vir ‘n taak waarvoor Hy ons nie bemag het nie.