Hoe om ‘n Skuiling te Wees vir Jou Kinders

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Parenting
Topic Index
About this resource
English: How to Be a Refuge for Your Children

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Parenting
Part of the series Taste & See

Translation by Melvin Dirkse

Spreuke 14:26

In die vrees van die Here lê “sterk sekerheid, ook vir die kinders van ‘n sodanige sal daar ‘n skuiling wees.”

As Papa bang is, na wie toe kan die kinders draai? Papas is veronderstel om veilig te wees. Hulle is veronderstel om te weet wat om te doen en hoe om probleme op te los en hoe om dinge the herstel, en bo alles, hulle kinders beskerm teen leed. Maar wat gebeur as ‘n kind vrees en angs in Papa se gesig sien? Wat as Papa net so vreesbevange soos die kind is en hy self nie weet wat om te doen nie? Dan is die kind uiters besorgd en voel paniekerig. Hy voel asof die een sterk en goeie en betroubare plek van veiligheid nie meer so veilig is nie.

Maar as Papa selfversekerd is, dan het die kinders ‘n skuilplek. As Papa nie paniekbevange is nie, maar kalm en standvastig is, dan kan die mure maar intuimel en al die branders kan kom en al die slange kan suis en die leeus brul en die winde waai, en daar sal ‘n veilige plek wees in Papa se arms. Papa is ‘n skuilplek so lank hy selfversekerd is.

Dis hoekom Spreuke 14:26 sê, “sy kinders sal ‘n skuilplek het,” as Papa “groot vertroue” het. Papa se versekerdheid is die skuilplek van sy kinders. Vaders, die geveg om versekerd te wees gaan nie net oor ons nie, maar dit gaan wel oor die sekuriteit van ons kinders. Dit gaan oor hulle sin van sekuriteit en gelukkigheid. Dit is óf hulle opgroei met vrees of met standvastige geloof. Terwyl kinders nog moet leer om God te ken in ‘n diep en persoonlike wyse, is ons die beeld van God in hulle lewens. As ons versekerd en betroubaar is vir hulle sal hulle waarskynlik ook kleef aan God as hulle skuilplek wanneer die storms oor hulle losbars later in hulle lewens.

So, sal ons “groot vertroue” het? Ten laaste, ons ook is maar klein kinders, klei potte, swak en gebroke en veg teen vrese en twyvel. Is die beste oplossing om die beste skou ten toon te stel en om ons ware self weg te steek? Dit sal lei tot maagsere ten beste en God-versakende tieners ten slegste. Dit is nie die oplossing nie.

Spreuke 14:26 gee nog ‘n antwoord: “In die vrees van die Here is daar groot vertroue.” Dit is baie vreemd. Dit sê die oplossing vir vrees is vrees. The oplossing vir skugterheid is vrees. Die oplossing vir onversekerdheid is vrees. Die oplossing vir twyvel is vrees.

Hoe kan dit wees?

Deel van die antwoord is opgevat in die feit dat die “vrees van die Here” beteken vrees om nie die Here te onteer nie. Wat beteken vrees om die Here te wantrou. Wat beteken die vrees om enigiets wat die Here belowe het nie te vertrou nie. Met ander woorde, die vrees van die Here is die groot verwoester van vrees.

As die Here sê, “Wees nie bevrees nie,want Ek is met jou, moenie onsteld wees nie, Ek sal jou help,” (Jesaja 41:10), dan is dit a vreeslike ding om jou te bekommer oor die probleem wat Hy gesê het Hy sal jou mee help. Om vreesbevange te wees oor daardie probleem wanneer God sê, “Moenie vrees nie, Ek sal jou help” is ‘n stelling van wantroue in die woord van God en dit vereer nie die Here nie. En die vrees van die Here sidder onder sulke wantroue in die Here. As die Here sê, “Ek sal jou nooit begewe of nooit verlaat nie,” kan jy met vertroue sê, “Die Here is vir my Helper, ek sal nie vrees nie, wat sal ‘n mens aan my doen?” (Heb. 13:5-6) – as die Here dit sê, dan is jou wantroue in die Here se beloofde nabyheid en hulp ‘n teken van trots. Dit plaas ons siening van ‘n probleem bo God se Woord. Dis hoekom ons die wonderlike woorde van die Here lees in Jesaja 51:12, “Ek is dit wat julle troos. Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras?” Dit wil sê, om mens te vrees is trots. En trots is die teenoorgestelde van die vrees van die Here.

So, ja, die vir Spreuke is waar en ‘n groot hulp vir ons. Vrees God, vaders. Vrees God. Vrees om God te onteer. Vrees wantroue in Hom. Vrees jou assesering van ‘n probleem bo dit Wat God se Woord sê. Hy sê Hy kan help. He is slimmer. Hy is sterker. Hy is teogewend. Vetrou Hom. Vrees wantroue in Hom.

Hoekom? Hy werk vir diegene wat wag op Hom (Jesaja 64:4). Hy sal die probleem oplos. Hy sal die familie red. Hy sal omsien na die kleintjies. Hy sal in jou behoeftes voorsien. Vrees om dit nie te glo nie. Dan sal jou kinders ‘n skuilplek het. Hulle sal ‘n papa het wat “sterk vetroue het” – nie in homself nie, maar in die beloftes van God, wie hy sidder om nie te vertrou nie.

Ek leer gedurig om die Here te vrees ter wille van my kinders,

Pastoor John