Om ‘n Ouer Te Wees Met Hoop, Selfs in die Ergste van Tye

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Parenting
Topic Index
About this resource
English: Parenting with Hope in the Worst of Times

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Parenting

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).



Miga 7:1-20

1. Wee my, want ek het geword soos ná die insameling van somervrugte, soos die natrossies van die wynoes; geen tros om te eet nie, my siel begeer vroeë vye. 2. Die vrome het verdwyn uit die land, en daar is geen opregte meer onder die mense nie; hulle loer almal op bloed; hulle jag elkeen sy broer met die net. 3. Na die kwaad gaan die hande uit, om dit dapper te doen. Die vors eis, en die regter vra betaling, en die groot man spreek die begeerte van sy siel uit, en hulle verdraai dit alles. 4. Die beste van hulle is soos ‘n doringstruik, die mees opregte erger as ‘n doringheining. Die dag van jou wagte, jou besoeking, kom; nou sal hulle verwarring daar wees. 5. Vetrou geen metgesel nie, maak op geen vriend staat nie, let op die poorte van jou mond teenoor haar wat in jou skoot lê. 6. Want die seun minag die vader, die dogter staan op teen haar moeder, die skoondogter teen haar skoonmoeder, die man se vyande is sy huisgenote!
7. Maar ek sal uitsien na die Here, ek wil wag op God van my heil, my God sal my hoor. 8. Wees nie bly oor my nie, o my vyandin! Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in duisternis, die Here is ‘n lig vir my. 9. Die toorn van die Here sal ek dra, want ek het teen Hom gesondig; totdat Hy my saak verdedig en my reg verskaf. Hy sal my uitlei in die lig; ek sal met welgevalle sien hoe Hy geregtigheid oefen. 10. Ook sal my vyandin dit sien, en skaamte sal haar bedek wat vir my sê: Waar is die Here, jou God? My oë sal met welgevalle op haar neersien. Nou sal sy vertrap word soos modder van die strate.
11. Daar kom ‘n dag om jou mure te herbou! In dié dag sal die gebied ruim wees. 12. Dit is ‘n dag dat hulle na jou sal kom van Assur en die stede van Egipte, en van Egipte tot by die Eufraat, en van see tot see, en van berg tot berg. 13. Maar die aarde sal ‘n wildernis word vanweë sy inwoners, as gevolg van hulle handeling. 14. Wei u volk met u staf, die kudde wat u erfdeel is, wat afgesonderd woon in ‘n bosveld op Karmel; laat hulle wei in Basan en Gilead soos in die ou dae.
15. Soos in die dae van jou uittog uit Egipteland sal Ek hom wonders laat sien. 16. Die nasies sal dit sien en skaam wees ondanks al hulle krag: hulle sal die hand op die mond lê, hulle ore sal doof word. 17. Hulle sal stof lek soos die slang, hulle sal soos grondkruipers bewende uit hulle vestings te voorskyn kom, hulle sal sidderende kom na die Here onse God, en hulle sal vir U vrees.18. Wie is ‘n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ‘n welbehae in goedertierenheid. 19. Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp. 20. U sal trou bewys aan Jakob, goedertierenheid aan Abraham, wat U aan ons vaders met ‘n eed beloof het sedert die dae van die voortyd.

Ons sluit vandag ons reeks oor geestlike ouer wees af. Die titel wat ek gekies het vir hierdie boodskap is “Om ‘n Ouer te wees met Hoop, selfs in die Slegste Tye.” Daar is geen maklike tye om kinders te baar en groot te maak nie. Genesis 3 dui aan dat wanneer die sonde die wêreld binne getree het, het kinders grootmaak ‘n moeilike saak geword. Die Here het aan Eva gesê, “Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.” (Gen. 3:16). En nadat sy en Adam twee seuns grootgemaak het, het een die ander vermoor.

Inhoud

Die Enigste Manier om Vry te Wees

Die doel van hierdie storie is om uit te wys dat sonde nou die wêreld binne getree het – in elke ouer en in elke kind. En dit is die tipe invloed van die sonde. Dit ruïneer mense en dit ruïneer families. Die grootste probleem in die wêreld is die mag van die sonde wat in ons woon. En dit is ‘n mag. Dit is ‘n dryfkrag, ‘n swakheid, ‘n onsedelikheid, ‘n korrupsie in die menslike siel. Dit is nie ‘n reeks vrye keuses nie. Die sonde is ‘n magtige gevangeskap wat die mens se vryheid vernietig.

Die enigste manier vir die mens om vry te wees, vir ‘n ouer of vir ‘n kind om vry te wees, is om weddergebore te wees deur die Gees van God; neem Jesus Christus aan as jou Verlosser; wees vergewe van die sonde deur die Skepper van die heelal; en ontvang die Heilige Gees as die enigste reddingsmiddel teen die mag van die sonde. Dit is die enigste hoop vir die wêreld en vir ouers en hul kinders.

Geen maklike Tye om Ouer te Wees nie

So daar is geen maklike tye om kinders te baar en om kinders groot te maak in nederige, regverdige, kreatiewe, produktiewe, Christus opheffende volwassenes nie. Daar is geen maklike tye nie. Maar sommige tye is moeiliker as ander. En of hulle moeiliker is sal afhang van jou persoonlike omstandighede of samelewings omstandighede.

My begeerte vandag is om jou te help om ‘n ouer te wees met hoop selfs in die slegste omstandighede. En ek bedoel beide slegste by die huis en slegste in die kultuur. En diegene wat nog nie ouers is nie, dieselfde geld vir jou ook, want om hoop te hê selfs in die slegste tye is vir almal dieselfde. Ons het dit net vir verkeie redes nodig.

Die Profeet Miga

Die Joodse profeet Miga het gepreek gedurende die heerskappy van Jotam, Agaz, Hiskia, konings van Juda (Miga 1:1). Dit is omtrent 750 tot 687 voor Christus. Die duidelikste stelling oor waarom hy op die toneel verskyn het word gegee in Miga 3:8 –

“Ek daarenteen is vol krag, met die Gees van die Here, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Isreal sy sonde.”

Verkondiging van die Oordeel en Genade

God het profete gestuur om die mens se sonde te beklemtoon en om dit aan aan hulle uit te wys. En met hulle sonde het die profete die oordeel verkondig en hulle het genade verkondig. Dit is hoe dit voor kom reg deur die Bybel. Die Oordeel en Genade. Die Oordeel en Genade. God is heilig en regverdig en Hy veroordeel sondige mense. En God het genade en geduld en barmhartigheid, en Hy red sondaars van die oordeel. Miga maak dit duidelik in Miga 4:10,

“Krul van die pyn, Sion, kry geboortepyne soos 'n vrou in kraam! Jy moet nou die stad verlaat, jy moet in die oop veld gaan woon en na Babel toe gaan. Daar sal jy gered word, daar sal die Here jou verlos uit die mag van jou vyande."

Die Here gaan hulle Babelon toe stuur in oordeel. En Hy gaan hulle uit genade terug bring na hul land.

Die Straf wat Kom

In hoofstuk 7 verwys Miga na ouer wees in die slegste tye – slegste by die huis en die slegste in die kultuur. Vers 1: Wee my, want ek het geword soos na insameling van somervrugte, soos die natrossies van die wynoes: geen tros om tee eet nie, my siel begeer vroeë vye. Hy verwys dalk hoe graag hy verlang na kos. Maar ek vermoed hy verwys metafories na sy verlange na goddelike vriende en kennisse want hy gaan verder om te sê in verse 2-3: “Die vrome het verdwyn uit die land, en daar is geen opregte meer onder die mense nie; hulle loer almal op bloed; hulle jag elkeen sy broer met die net. Na die kwaad gaan die hande uit, om dit dapper te doen. Die vors eis, en die regter vra betaling, en die groot man spreek die begeerte van sy siel uit, en hulle verdraai dit alles.” Die leiers is korrup. Hulle komplot saam om soveel wreedheid te doen as moontlik en om dit goed te doen.

Vers 4: “Die beste van hulle is soos ‘n doringstruik, die mees opregte erger as ‘n doringheining. As Miga probeer om naby hulle te kom dan steek hulle hom. Die dag van jou wagte, jou besoeking, kom; nou sal hulle verwarring daar wees.” Die straf kom.

Selfs Vrou en Kinders

Nou bring Miga dit vanuit die kultuur tot by die woonbuurt en die familie. Vers 5: “Vertrou geen metgeswel nie, maak op geen vriend staat nie, let op die poorte van jou mond teenoor haar wat in jou skoot lê.” Met ander woorde, sonde, korrupsie en bedrieëry is so alomteenwoordig dat jy op jou hoede moet wees, want selfs jou vrou kan jou verraai – “haar wat in jou skoot lê.

Nou aan die kinders. Vers 6: “Want die seun minag die vader, die dogter staan op teen haar moeder, die skoondogter teen haar skoonmoeder, die man se vyande is sy huisgenote! Daar is vyf mense in die prentjie. ‘n Vader en ‘n moeder. ‘n Seun en ‘n dogter. En ‘n skoondogter. Dit wil sê die seun is getroud. Miga het alreeds gesê dat dinge onseker is tussen die man en die vrou (“Let op die poorte van jou mond teenoor haar wat in jou skoot lê”). En nou sê hy dat die seun in opstand kom teen sy vader. En die dogter kom in opstand teen die moeder, en die skoondogter saam met die dogter kom in opstand teen die moeder. Miga noem hulle selfs die man se vyande aan die einde van vers 6: “Die man se vyande is sy huisgenote.” Hy verwys spesifiek na die seuns. Dit wil voorkom asof die dogters hul vyandigheid op die vrou fokus, maar hy voel dit ook.

Dit is hartverskeurend. Sommige van julle woon in presies sulke omstandighede. Hierdie is die slegste van tye. Die samelewing is korrup en die huwelik en familie is in krisis. Dit is die prentjie wat Miga skets in hoofstuk 7. Vandag is dit die prentjie vir sommige van julle. Vir ander lê dit môre voor.

Jesus bewerkstellig dit?

Voor ek jou verwys na Miga se hoop in hierdie situasie wil ek hê jy moet sien wat Jesus doen met die familie portret in vers 6. Draai na Matthéüs 10:34-36: Jesus verduidelik die effek van Sy koms: “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie, maar die swaard. [Dan gebruik Hy Miga 7:6]. “Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees.”

Hier is dieselfde vyf mens, dieselfde verwysing na vyande in jou huishoud, maar een opmerkbare verskil. Jesus sê dat Hy dit teweegbring. Vers 35: “ ” Hy bedoel natuurlik nie dat Hy Homself verlekker daarin om families op te breuk nie. Wat Hy bedoel is dat radikale dissipelskap verhoudings sal ontwrig. Die een glo en die ander een glo nie. “n Vader volg Jesus en ‘n seun nie. ‘n Seun volg Jesus en ‘n vader nie. “n Dogter volg Jesus en ‘n moeder nie.

Hoekom word Jesus hier ingebring?

Die rede waarom Jesus hier in die prentjie gebring word is om eerstens uit te wys dat die afbreuk van die familie in Miga se dag nie noodwendig as gevolg van korrupsie in die familie veroorsaak was nie. Dit kon as gevolg van geregtigheid in die familie veroorsaak word. Alles mag miskien goed verloop het totdat iemand besluit het om ernstig te word teenoor God en sy verbod en Sy Woord. Toe begin die aantuigings vlieg. “Jy dink jy is soveel beter as ons noudat jy bekeer is. Dinge was goed en nou dink jy die res van ons moet reg gemaak word.”

Die ander rede waarom ons verwys na Jesus se gebruik van hierdie teks is om uit te wys dat daar niks uniek omtrent Miga se samelewing was nie. Dit was van toepassing in die 8ste eeu voor Christus. Dit was van toepassing in die eerste eeu na Christus. Vir iemand is dit altyd die ergste van tye, selfs al is dit nie vir jou bedoel nie.

Wat dan het Miga te sê vir ouers wat hoop kan hê in die ergste van tye?

Wat Miga te sê het: gebrokenheid en Vreesloosheid

Hy beskryf himself – ek vermoed dat as a verteenwoordigende vader en ‘n verteenwoordiger van die mense van Isreal- en die postuur wat hy aanneem is een van gebrokenheid en vreesloosheid. Dit is die kern van wat ek vir ouers wil sê in die ergste van tye. Doen dit met ‘n gesindheid van gebrokenheid en vreesloosheid. En om seker te maak jy weet wat ek bedoel met “gebroke” en wat ek bedoel met “vreesloosheid,” moet ons eers vra: “Waaroor is hy “gebroke?” En op grond van wat kan hy so vreesloos wees? Kom ons kyk na verse 7-9 om antwoorde te kry op die twee vrae.

Nie in Self Regverdiging Nie

Direk na vers 6 wat sê, “die man se vyande is sy huisgenote” sê hy in vers 7, “Maar ek sal uitsien na die Here, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor.” So in die ergste van tye kyk ons na die Here. Miskien het ons op ander plekke gekyk. Niks werk nie. Alles breek. Miskien het ons gedink ons kan die familie laat werk. Miskien is hierdie kinders onder ons mag sodat ons om hulle kan buig soos ons wil. Miskien met die regte boeke oor die huwelik, sal ons in staat wees om wedersydse respek en waardering kan bewerkstellig. En nou. Nou kyk ons na die Here.

Maar wees versigtig. Kyk Miga na die Here uit self-regverdiging? So iets is moontlik. Sê hy, “Ek het alles reg gedoen –alles wat ‘n vader moet doen. As hierdie familie nie werk nie, is my hart gebroke, maar ek is nie die probleem nie. Hulle is.” Is dit die houding van hierdie man? Nee, dit is nie. En ek hoop dit sal ook nie jou houding wees nie.

Daar word teen ons gesondig maar ons is bewus van ons eie sonde.

Luister na wat he te sê het in verse 8 en 9. Luister na die vreesloosheid en die gebrokenheid. Hoekom is hy gebroke?

“Wees nie bly oor my nie, o my vyandin! Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in duisternis, die Here is ‘n lig vir my. Die toorn van die Here sal ek dra, want ek het teen Hom gesondig; totdat Hy my saak verdedig en my reg verskaf. Hy sal my uitlei in die lig; ek sal met welgevalle sien hoe Hy geregtigheid oefen. ”

Moenie die begin van vers 9 miskyk nie, “Die toorn van die Here sal ek dra, want ek het teen Hom gesondig.” Die rede waarom dit so belangrik is vir eggenote en ouers om dit te sien, is omdat hy dit sê in die konteks dat daar teen hom gesondig was. In vers 8 sê hy, “Wees nie bly oor my nie, o my vyandin! En in die middel van vers 9 sê hy, Hy sal my saak verdedig en my reg verskaf. Hy sal my uitlei in die lig; ek sal met welgevalle sien hoe Hy geregverdigheid oefen.”

Met ander woorde, hy weet daar word teen hom gesondig. Hy weet sommige van hulle aantuigings is verkeerd. Hy weet God is vir hom en nie teen hom nie. God sal hom uit die duisternis lei in die lig; Hy sal sy reg verskaf. Hy is vreesloos in sy vertroue. Wonderbaarlike vetroue. Nietemin, hy probeer aandag werp op die Here se toorn en sy eie duisternis deur te verwys na sy eie sonde. “Die toorn van die Here sal ek dra, want ek het teen Hom gesondig.”

Hoekom so Gebroke?

Hier is my antwoord op hierdie vraag: Hoekom so gebroke? Dit is nie net dat daar teen hom gesondig word deur sy familie nie, maar dat hy ook sondig. Die houding om ‘n ouer te wees in die ergste van tye is ‘n houding van gebrokenheid en vreesloosheid. En die gebrokenheid is eerstens gebonde aan sy eie sonde en slegs daarna omdat daar teen hom gesondig was. Dit is die groot stryd waarmee ons gekonfronteer word. Sal ons, deur God se genade, die soort nederigheid vind wat ons instaat stel om ons families en ons self so te sien?

Waarom so Vreesloos

Die tweede vraag: Waarom is hy so vreesloos as hy gesondig het? Wat stel hom instaat om so te praat terwyl sy eie sonde so prominent in sy gedagte is? Waar onstaan hierdie mate van vreesloosheid? “Wees nie bly oor my nie, o my vyandin! Al het ek geval, ek staan weer op…. God sal my verdedig en my reg verskaf. Hy sal my uitlei in die lig; ek sal met welgevalle sien hoe Hy my geregtigheid oefen.”

Die antwoord word gegee aan die einde van die hoofstuk. En die feit dat dit voorkom as die laaste kwessie in die hele boek, en dat dit kom met so ‘n beklemtoning, wys hoe uiters belangrik dit is in die hele boek – selfs die hele Bybel. Verse 18-19:

“Wie is ‘n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ‘n welbehae in goedertienheid. Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.”

Die rede waarom Miga so vreesloos is in sy gebrokenheid is omdat hy God ken. Hy weet God is ongelooflik en uniek. “Wie is ‘n God soos U?” Dit beteken: Daar is geen god soos U. U weë is vêr bokant ons weë. U weë is vêr bokant enige ander god in die wêreld. En wat maak U uniek? U vergewe sonde en verskoon die oortredings van U mense. Dit maak U, die God van die Bybel, uniek-en daar is geen ander God.

Die Diepte van God se Vergifnis

Hoe doen jy die werk van ‘n ouer in die ergste van tye? Hoe kom jy jou plig na as ‘n ouer met hoop as jou eie famile verdeeld is, drie teen twee en twee teen drie. Jy vestig jou oë op die Here. Jy roep uit na die Here (vers 7). En jy roep uit na die Here met twee baie diep oortuigings. Eerstens erken jy dat jy ‘n sondaar is en dat jy niks van God verdien nie. Ons was nie perfekte ouers nie. Ons het gesondig. En ons is nie dwaas en naïef nie. Ons weet dat daar ook teen ons gesondig was. Maar alles in ons vlees wil daaraan dink. Net die heilige gees kan ons oortuig van ons eie sonde. Net die heilige gees kan ons oortuig van ons eie skuldigheid. Dít, is diep oortuiging.

Die ander oortuiging is dat daar geen ander god soos ons God is nie, want Hy vergewe ons van ons sonde, verskoon ons van ons oortredings, Hy is barmhartig en word nie kwaad nie maar verheerlik Hom in standvastige liefde. Ons is diep oortuig hiervan net soos ons daarvan oortuig is dat ons teen ons eggenote en teen ons kinders gesondig het, en dat ons ook teen God gesondig het. Sien jy hoe albei belangrik is – hoe hulle saam werk, hoe elkeen die diepte van die ander moontlik maak? As jy nie jou sonde en skuld voel nie, sal jy nie die diepte van God se genade kan ervaar nie. Maar dit werk ook op die ander manier, en dit is belangrik vir families. As jy nie die diepte van God se genade kan ervaar nie, sal jy ook nie die diepte van jou sonde weet nie.

Hierdie twee diep oortuigings bring mee ‘n houding van gebrokenheid en vreesloosheid, en dit is die houding van ‘n ouer wat hoop het in die ergste van tye. Gebroke oor ons eie sonde in die konteks dat daar teen ons gesondig word, en vreesloos want, “Wie is ‘n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe!”

Gebrokenheid and Vreesloosheid – Dit word Verhelder in Jesus

En vir Christene word albei helftes van hierdie houding meer gegronde en intens as gevolg van ons kennis van Jesus Christus en wat Hy op die kruis vir ons teweeggebring het. Vir Miga, was Jesus die enigste hoop in hoofstuk 5: “En jy Bethlehem … uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees … Hy sal optree en hulle laat wei in die sterkte van die Here” (Miga 5:2,3). Hierdie goeie Herder lê Sy lewe af vir sy skape (Johannes 10:11). En as Hy sy lewe neerlê, kan ons met meer duidelikheid die grootheid van ons sonde sien (ons sonde het hierdie mate van leiding genoodsaak) en die grootheid van God se genade om ons te vergewe. So word die gebrokenheid en vreesloosheid beklemtoon.

As jy ‘n ouer is in die ergste van tye of as jy beplan om ‘n ouer te wees in die ergste van tye, of as jy net hoop wil hê in die ergste van tye, kyk na Miga en kyk na Jesus en neem hierdie houding aan: gebrokenheid as gevolg van jou eie sonde en vreesloosheid as gevolg van Christus. Dan, in die krag van die Heilige Gees, vestig jou hart daarop om die beste onvolmaakte ouer te wees - vir Jesus se ontwil.