Op die hart geskryf

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By Ligonier Ministries Staff
Author Index
More About The Covenants
Topic Index
About this resource
English: Written on the Heart

© Ligonier Ministries

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By Ligonier Ministries Staff About The Covenants
Part of the series Tabletalk

Translation by Clarien Kurzepa

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).



“Ek sal hulle my wette in die verstand gee, op hulle harte sal Ek dit skrywe, Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.” (Heb. 8:10b).

- Hebreërs 8:10

Die profete van die Ou Testament het uitgesien na 'n nuwe verbond wat die ou verbond sou hernu, vervul en oortref. Hulle het uitgesien na die nuwe verbond want dit sou die verlossing verseker wat God aan sy mense belowe het, en nie slegs vooruit dui op die verlossing soos die ou verbond nie.

Party van die oorsponklike lesers van die brief aan die Hebreërs was oorreed om te dink dat die nuwe verbond nog nie gekom het nie. Alhoewel hul bely het dat Christus die bemiddelaar van die nuwe verbond was, het sommige oorweeg om hierdie belydenis te laat vaar in gunste van die ou een. Daarom het die outeur van Hebreërs geskryf om sy lesers te herhinner van die wonder van die nuwe verbond wat deur Jesus Christus en sy werk gekom het.

In hoofstuk 8, haal die outeur 'n lang belofte van die profeet Jeremia aan oor die nuwe verbond. Hierdie woorde dien as herhinnering dat die ou verbond nie vir ewig sou bestaan nie en dat die nuwe verbond beter as die ou een sal wees. As sulks sal dit verdoemlik wees vir enigeen om die nuwe verbond te laat vaar.

Op hierdie punt gaan ons Jeremia se aanhaling wat in Hebreërs 8 voorkom ondersoek, en die wonder van die nuwe verbond verken. Gister het ons kortliks na 8:8-9 gekyk en geleer hoe die nuwe verbond van die ou verbond sou verskil. 'n Paar dae gelede het ons gesien dat die verskil nie voorkom in die feit dat die ou en nuwe verbonde verskillende beloftes bied nie. Die verskil is veel eerder dat ons 'n meer volledige openbaring met die nuwe verbond het. Verder word die beloftes in die nuwe verbond eintlik vervul, terwyl ons met die ou verbond net hoop het op vervulling. Hierdie onsekere hoop het gedui op die noodsaaklikheid vir perfeksie, maar het nie bygedra tot die perfeksie van enigiemand nie.

Anders as die ou verbond sal die nuwe verbond egter tot perfeksie lei. Die wet van God sal op harte en verstand geskryf word, wat gelowiges in staat stel om as mense van God te leef (v. 10). Die opdrag aan mense om die Wet in hul harte te plaas (Deut. 6:6) sal vervul word want die Wet sal eintlik in hul harte wees.

Môre sal ons sien hoe hierdie feit al die ander voordele ondersteun wat in die nuwe verbond voorkom. Vrydag sal ons verken hoe die skrywe van die Wet op die hart vandag deur gelowiges verstaan moet word.

Coram Deo (voor God)

Die skrywe van die Wet op ons harte openbaar twee verskillende goed. Eerstens word ons herhinner dat die hoofsaaklikhede van die wet nie net van buite af sigbaar is nie, maar dat dit sake van die hart is. Tweendens weet ons omdat God dit moet skryf kan ons dit nie self doen nie. Dank God dat Hy deur Sy genade ons harte verander het.

Stukke vir verdere studie

Jer. 4:4
Eseg. 11:19-20
2 Kor. 3:7-11
Kol. 2:11-12