‘n Aanmoedigging vir Ouers van jong Kinders

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Parenting
Topic Index
About this resource
English: A Note to Parents of Young Children

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Parenting
Part of the series Taste & See

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).


Die vinnigste groeiende departement by Bethlehem Baptiste kerk is die kleuterskool – en daar is geen einde in sig. My vrou weet van tien swanger moeders by BBK. Daar is ‘n paar tawwe vrae wat ouers van jong kinders moet mee maak. Hoe vroeg in die kind se lewe moet ons hulle help om ‘n geloofsbelydenis te maak in Jesus as Verlosser en Heer? Hoe kan ons dit doen sodat hy dit sal onthou en sodat dit betekenis vir hom kan dra. Wat van die doop en die nagmaal?

Alles wat ons doen vanaf geboorte moet daarop gerig wees om hom tot geloof te lei. Ons warmte, ons drukkies, ons gelag, ons instelling van lyngrense, ons  kyke, ons streng dissipline, ons genade – alles moet aandui wie God is en dat Hy betroubaar is. Ons moet hoop dat ons kinders nie met ongeloof opgroei nie maar dat hulle liewer sal opgroei met vertroue in die Christus van ons familie.

Benjamin se ondervinding was anders. Daar was ‘n tyd, omtrent so ‘n jaar gelede, toe ek vir Benjamin gevra het of hy wou bid en Jesus vra om in sy hart te kom woon. He het nee gesê. Dit het my tot gebed gedwing. Dit was ‘n anderse geveg as dié van seun een. Onlangs het ek ‘n wyer kennis en groter erns en openheid in hom gewaar. Toe probeer ek weer. Hy was meer as gewillig. Dit is wat hy in sy nuwe Bybel geskryf het: “Op Oktober 30, 1982, om 8:25 n.m. het ek met Pappa gebid en ek het vir Jesus gevra om in my hart te kom woon en om my Verlosser te wees. Ek weet ek is ‘n sondaar, maar God het my lief en het vir Jesus gestuur om vir my te sterf. Dit het gebeur twee maande na sy sewende verjaarsdag.

Kinders is almal verskillend. Ek weet nie hoe dit sal wees met Abraham (of Helleluja) nie. Ek glo ook nie my werk met Karsten en Benjamin is klaar nie. My advies is om ernstig en daagliks vir die geloof van jou kinders te bid. En as hulle die evangelie verstaan, vra dan of hulle saam met jou wil bid om vir Jesus in hul harte te ontvang of maak dit baie duidelik dat hulle alreeds Christus ontvang het en nou in Hom vertrou. Skryf dit neer in hulle Bybel en verwys daarna by belangrike geleenthede.

My oortuiging is dat wanneer ‘n kind ‘n geloofsbelydenis gemaak het, die ouers seker moet maak die kind verstaan die nagmaal en hulle help om daaraan deel te neem. In terme van die doop worstel ek nog ‘n bietjie. Aan die een kant sê die Bybel die doop moet onmiddelik volg nadat iemand ‘n geloofsbelydenis gemaak het. Aan die ander kant is dit baie moeilik vir ‘n kind van sewe jaar oud om die ware betekenis van die doop te verstaan. Ons huidige beleid is om kinders van graad 4-6 deur die pastoor se klas te stuur wat hulle voorberei vir die doop en vir lidmaatskap. Ek sal bid en meer oor hierdie saak bepeins.

Maar bo alles, laat ons bid en werk vir ons kinders sodat hulle tot geloof kan kom en om hulle te versadig met die Woord van God.

As ‘n vader,

Pastoor John