‘n Verjaarsdag Gedig vir Sending Week

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Parenting
Topic Index
About this resource
English: A Birthday Poem for Missions Week

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Parenting
Part of the series Taste & See

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).


Vir Karsten

Vandag my seun, het jy
Die einde van twaalf Godgegewe jare bereik,
En ek wil vandag staan en preek
Dat God die Almagtige ons vrese oorneem.
Op twaalfjarige ouderdom my seun moet jy weet
Dat God omnipotent is,
En niemand kan Sy planne omverwerp nie. Hulle gaan
Waar Hy dit bewillig en daar is geen teenstand.

Gee gehoor, my seun, aan wat ek sê
Want God se eindelose mag en krag
Sal ons vurig lei in die weë
Van pyn voor ons finale uur.

Wie weet wanneer ‘n goeienagsoentjie
Dalk die laaste sal wees? Of ter wille van die evangelie
God dit mag bestuur:
‘n verlangse uitroep, ‘n ope deur,
En jy daarop ag slaan, en ek bly staan,
En jy tienduisend myl
Tussen jouself en my plaas. Ek bid,
Liewe seun, dit sal wees met glimlagte.

Want die Almagtige God beheer die hemele
En op die aarde pronk ‘n netelige koning
En probeer tevergeefs
Om homself op te hef, terwyl ons uitbreek in sang.

Here, leer my seun om U te eerbiedig,
En dat U vergoeding verseker is
En dat U ‘n toevlug is, ook
Vir elke seun wie se weë rein is.

Almagtige God, help my om ‘n
Godvresende vader te wees, onwrikbaar en soet,
Sodat ons in die komende jare
Saam mag kniel by U voete.

Pappa