Soektog vir Geluk

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Weergawe soos op 16:03, 24 Augustus 2009 deur PagePush (Besprekings | bydraes)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Evangelism
Topic Index
About this resource
English: Quest for Joy

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Evangelism

Translation by Sonia Smit

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).


Inhoud

Het jy geweet dat God ons beveel om gelukkig te wees?

“en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.” Psalm 37:4

1) God het ons geskape vir Sy Heerlikheid

“...Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,

...wat Ek geskape het tot my eer,..." (Jesaja 43:6 – 7)

God het ons geskape om Sy grootheid te weerspieël, dieselfde manier hoe ‘n teleskoop die sterre weerspieël. Hy’t ons geskape om Sy goedheid en waarheid, wysheid en geregtigheid op vertoning te stel. Die grootste vertoning van God se heerlikheid kom van blye verheuging in al wat Hy is. Dit beteken dat God al die prys ontvang en ons die plesier daarvan ontvang. God het ons geskape sodat Hy al die eer ontvang wanneer ons gemoedsrus in Hom vind.
2) Elke mens hoort vir God se heerlikheid te leef

“Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.” (I Korinthiërs 10:31)

As God ons vir Sy heerlikheid geskape het, is dit baie duidelik dat ons vir Sy heerlikheid moet leef. Ons plig kom van Sy grooter plan. So ons eerste verpligting is om God se waarde te wys deur gerus te wees in als wat Hy vir ons is. Dit is vir ons belangrik om God lief te hê (Matthéüs 22:37) en om Hom te vertrou (1 Johannes 5:3-4) en om dankbaar te wees (Psalm 100:2-4). Dit is die wortel van ware gehoorsaamheid, spesifiek om ander lief te hê (Kolossense 1:4-5).

3) Ons almal het gefaal om God te eer soos ons moet

“want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,“ (Romeine 3:23)

Wat beteken dit om te ontbreek aan die heerlikheid van God? Dit beteken dat ons as mens nie God vertrou en bewaar soos ons moet nie. Ons is nie tevrede met Sy goedheid nie en wandel nie in Sy weë nie. Ons soek ons satisfaksie in ander dinge, en aanskou dit meer kosbaar as God, wat afgodsdiens is (Romeine 1:21-23). Vandat sonde in die wêreld gebring is, is ons baie diep weerstandig om God as ons enigste bevrediginde skat te hê (Efésiërs 2:3). Dit is ‘n verskriklike ergernis tot die grootheid en goedheid van God (Jeremia 2:12-13).

4) Ons is almal onderworpe aan God se regverdige oordeel

“Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.” (Romeine 6:23)

Ons het amal God se heerlikheid verkleineer. Hoe? Om ander dinge bo Hom te verkies. Deur ons ondankbaarheid, wantroue en ongehoorsaamheid. So God skakel ons vir altyd uit om Sy heerlikheid te geniet. “Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,” (I Thessalonicense 1:9).

Die woord “hel” word in die Nuwe Testament twaalf keer gebruik, elf keer by Jesus self. Dit is nie ‘n mite wat deur bedremmelde en kwaad predikers opgemaak is nie. Dit is ‘n eerbiedwekkende waarskuwing van die Seun van God wie vir ons gesterf het om as sondaars te bekeer. Ons ignoreer dit op groot en eie risiko.

Indien die Bybel gestop het by die analise van die menslike kondisie, sal ons almal verdoem wees na ‘n hopelose toekoms. Dit stop egter nie daar nie...

5) God het sy enige Seun gestuur om die Ewige Lewe en vreugde te voorsien

“Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.” (1 Timótheüs 1:15)

Die goeie nuus is dat Christus vir sondaars soos ons gesterf het. Hy het fisies uit die dode opgestaan om Sy reddende mag van Sy dood aan ons te bevestig en om die hekke van die ewige lewe en vreugde oop te maak (1 Korinthiërs 15:20). Dit beteken dat God skuldige sondaars kan vryskeld en nogsteeds regverdig kan wees (Romeine 3:25-26). “Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;” (1 Petrus 3:18). Om terug te keer na God se huis is waar diep en blywende tevredenheid gevind kan word.

6) Die voordele ontvang by die dood van Christus behoort aan die wat berou het en Hom vertrou

Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,” (Handelinge 3:19).
“Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.” (Handelinge 16:31)

“Bekeer” beteken om weg te draai van al die bedrieglike beloftes van sonde. “Geloof” beteken om tevrede te wees met alles wat God belowe om te wees in Jesus. “En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.” (Johannes 6:35). Ons verdien nie ons redding nie, ons kan dit ook nie verdien nie (Romeine 4:4-5). Dit is uit genade deur geloof (Efésiërs 2:8-9). Dit is ‘n gratis geskenk (Romeine 3:24). Ons sal dit hê as ons dit bo alle dinge koester (Matthéüs 13:44). Wanneer ons dit doen, is God se skeppende doelwit bereik: Hy is verheerlik in ons en ons is gerus in Hom – vir ewig.

Maak dit vir jou sin?

Begeer jy die tipe vreugde om gerus te wees met als wat God vir jou is in Jesus? As dit is, dan is God besig om in jou lewe te werk.

Wat moet jy doen?

Draai weg van die bedrieglike beloftes van sondes. Roep Jesus aan om jou te red van alle skuldgevoelens en straf en bindinge. “Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” (Romeine 10:13). Beging om jou hoop in als wat God vir jou in Jesus is te deponeer. Breek die mag van sonde se beloftes af deur die geloof in die allerhoogste tevredenheid van God se beloftes. Begin om die Bybel te lees om al Sy grootse en kosbaarste beloftes te kry, wat jou kan vry maak (2 Petrus 1:3-4). Soek ‘n kerk wat in die Bybel glo en begin om saam met ander mense wat Christus bo all dinge stel te prys en te groei (Filippense 3:7).

Die beste nuus in die wêreld is dat daar nie nodige konflik tussen ons geluk en God se heerlikheid is nie. Om tevrede te wees met als wat God vir ons in Jesus is, vergroot hom as ‘n groot Skat.

“U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.”
(Psalm 16:11)