Soektog vir Geluk

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Evangelism
Topic Index
About this resource
English: Quest for Joy

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Evangelism

Translation by Sonia Smit

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).



Het jy geweet dat God ons beveel om opgewek te wees?

“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer” (Psalm 37:4)

1) God het ons geskape om Hom te verheerlik

“Bring My seuns van ver af, My dogters van die uithoeke van die aarde… elkeen wat Ek geskep het tot My eer” (Jesaja 43:6-7)

God het ons geskape om Sy majesteit groot te maak – soos wat ‘n teleskoop die sterre vergroot. Hy het ons geskape om Sy goedheid en waarheid en prag en wysheid ten toon te stel. Die grootste tentoonstelling van God se heerlikheid kom uit ‘n diepe verrukking oor alles wat Hy is. Dit beteken dat God die lofprysing kry en ons die genot. God het ons so geskape dat Hy die meeste verheerlik word wanneer ons tevredenheid in Hom die diepste is.

2) Elke mens moet leef om God te verheerlik

“Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God” (1 Korintiërs 10:31)

As God ons geskape het om Hom te verheerlik, is dit duidelik dat ons so moet leef dat ons Hom verheerlik. Ons plig spruit uit Sy plan vir ons. Dit is die wese van God liefhê (Matteus 22:37), Hom vertrou (1Johannes 5:3-4) en om dankbaar teenoor Hom te wees (Psalm 100:2-4). Dit is die wortel van alle ware gehoorsaamheid, veral om ander lief te hê (Kolossense 1:4-5).

3) Almal van ons het misluk om God te verheerlik soos ons moet

“ Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Romeine 3:23)

Wat beteken “ontbreek…aan die heerlikheid van God”? Dit beteken dat nie een van ons God vertrou en waardeer soos ons moet nie. Ons was nie tevrede met Sy grootheid nie en het ook nie in Sy weë gewandel nie. Ons het ons tevredenheid in ander dinge gesoek en dit as van meer waarde as God beskou, wat die kern is van afgodery (Romeine 1:21-23). Sedert sonde in die wêreld gekom het, verset ons ons almal daarteen om God as ons algenoegsame rykdom te beskou (Efesiërs 2:3). Dit is ‘n ontsettende belediging vir die grootheid van God (Jeremia 2:12-13).

4) Almal van ons is onderworpe aan God se regverdigee oordeel

“Die loon wat die sonde gee, is die dood” (Rom 6:23)

Almal van ons het God se heerlikheid verkleineer. Hoe? Deur ander dinge bo Hom te verkies, deur ons ondankbaarheid, wantroue en ongehoorsaamheid. Dus is God daarop geregtig om ons vir ewig uit te sluit daarvan om Sy heerlikheid te geniet. “Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die Teenwoordigheid van die Here en van Sy magtige heerlikheid” (2 Tessalonisense 1:9).

Die woord “hel” word twaalf keer in die Nuwe Testament gebruik - elf keer deur Jesus self. Dis nie ‘n mite wat deur somber en grimmige predikers geskep is nie. Dis ‘n ernstige waarskuwing deur die Seun van God wat gesterf het om sondaars te bevry van die vloek daarvan. Ons waag baie as ons dit ignoreer.

As die Bybel hier sou stop om die mens se toestand te analiseer sou ons veroordeel wees tot ‘n hopelose toekoms. Dit is egter nie waar dit ophou nie…

5) God het Sy enigste Seun Jesus gestuur om ewige lewe en vreugde te bring

“Dit is ‘n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos” (1Timoteus 1:15)

Die goeie nuus is dat Christus vir sondaars soos ons gesterf het. En Hy het fisies opgestaan uit die dood om die reddende krag van Sy dood te bekragtig en die poorte na die ewige lewe en vreugde oop te maak (1 Korintiërs 15:20). Dit beteken God kan skuldige sondaars vryspreek en steeds regverdig wees (Romeine 3:25-26). “Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring,…” (1 Petrus 3:18). Alle diep en blywende tevredenheid word verkry deur jou tuiste in God te vind.

6) Die voordele deur Christus gekoop behoort aan die wat hulle sondes bely en Hom vertrou

“Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis.” (Handelinge 3:19). “…glo in die Here Jesus en jy sal gered word…” (Handelinge 16:31).

“Bekering” beteken om jou rug te draai op die valse beloftes van die sonde. “Geloof” beteken om tevrede te wees met alles wat God belowe om vir ons te wees in Jesus. “Wie in My glo,” sê Jesus, “sal nooit weer dors kry nie” (Johannes 6:35). Ons verwerf nie ons saligheid nie. Ons kan dit nie verdien nie (Rom. 4:4-5). Dit is uit genade deur geloof (Efesiërs 2:8-9). Dit is ‘n gratis geskenk (Romeine 3:24). Ons sal dit kry as ons dit bo alles koester (Matteus 13:44). Wanneer ons dit doen, word God se doel met die skepping bereik: Hy word in ons verheerlik en ons is tevrede in Hom – vir ewig.

Maak dit vir jou sin?

Begeer jy die soort blydskap wat spruit uit tevredenheid met alles wat God vir jou is in Jesus? Indien wel, dan is God besig om in jou lewe te werk.

Wat moet jy doen?

Draai weg van die valse beloftes van die sonde. Vra Jesus om jou te red van die skuld, straf en gevangenisskap. “Want almal wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word” (Romeine 10:13). Begin om al jou hoop te plaas op alles wat God vir jou is in Jesus. Breek die krag van die valse beloftes van die sonde deur geloof in die dieper tevredenheid wat God se beloftes bied. Begin om die Bybel te lees op soek na Sy kosbare en grootse beloftes wat jou kan vrymaak (2 Petrus 1:3-4). Soek ‘n kerk wat die Bybel glo en begin om saam met ander wat Christus bo alles waardeer, te aanbid en te groei (Filippense 3:7).

Die beste nuus ter wêreld is dat daar geen konflik hoef te wees tussen ons geluk en God se heiligheid nie. Om tevrede te wees met alles wat God vir ons is in Jesus verheerlik Hom tot ‘n Skat van groot waarde.

“U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit U hand kom net wat mooi is” (Ps. 16:11).