12 Maniere om Jou Afvaligge Kind Lief te Hê

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By Abraham Piper
Author Index
More About Parenting
Topic Index
About this resource
English: 12 Ways to Love Your Wayward Child

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By Abraham Piper About Parenting
Part of the series Taste & See

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).


My seun Abraham, wie praat uit die wysheid van ondervinding en die Skrif, het die artikel wat hierop volg geskryf. Ek het dit met trane en gelag deur gelees. Dit was so boeiend dat ek hom onmiddelik gevra het of ek dit met die kerk en die breër gemeenskap kon deel. Daar is geen beter vruegde nie as om te sien hoe jou kinders met vreugde loop in die waarheid, en dit so goed kan uitdruk. Die res is Abraham se werk.

Baie ouers is hartseer en heeltemal oorstuur deur hulle afvaligge seun of dogter. Het hulle het geen idee waarom hulle kind, wat hulle so goed groot gemaak het, sulke aakligge en vernietigende besluit maak nie. Ek was nog nooit een van daardie ouers nie, maar ek was een van daardie seuns. As ek refleekteer op daardie ondervinding dan het ek hierdie voorstelle om jou te help om uit te reik na jou eiesinnigge kind.

1. Wys hulle na Christus

Jou rebelse kind se eintlike problem is nie dwelms of seks of sigarette of pornografie of luiheid of vloekery of slordigheid of misdaad of homoseksualiteit of die feit that hulle in ‘n “punk rock band” speel nie. Die eintlike probleem is dat hulle Jesus nie duidelik sien nie. Die beste wat jy vir hulle kan doen, en die enigste rede hoekom jy die volgende voorstelle moet doen, is om hulle na Christus te wys. Dit is nie 'n eenvoudige of onmiddelikke proses nie, maar die sonde in hulle lewens wat jou pla en hulle vernietig sal eers begin verdwyn as hulle Christus sien vir wie Hy werklik is.

2. Bid

God alleen kan jou seun of dogter red, so volhard in jou gebed om God te vra om Homself aan hulle te openbaar op 'n manier wat dit moeilik vir hulle maak om God nie te aanbid nie.

3. Erken iets is verkeerd

As jou dogter Jesus verwerp, moenie voorgee alles is wel nie. Vir elke ongelowigge kind sal die benadering verskillend wees. Elkeen sal 'n unieke poging van die ouers verg. Nooit aanvaarbaar nie, is om geheel en al nie uit te reik nie. As jou kind 'n ongelowigge is, moenie dit ignoreer nie. Vakansies mag makliker wees, maar die ewigheid sal nie wees nie.

4. Moenie verwag hulle moet soos Christus wees nie.

As jou seun nie 'n Christen is nie, sal hy hom nie soos een gedra nie. Jy weet hy het die geloof verwerp, so moenie verwag dat hy volgens jou standaarde sal leef nie. By voorbeeld, jy mag miskien die versoeking het om te vra, “Ek weet jy worstel om in Jesus te glo, maar kan jy ten minste erken dat dit ‘n sonde is om elke dag dronk te wees?”

As hy sukkel om in Jesus te glo, dan is daar baie min wat hom sal laat glo sy drank probleem is verkeerd. Jy wil hom beskerm, ja. Maar sy ongeloof is nie sy gevaarlikse probleem nie, die drank is. Ongeag hoe jou kind se ongeloof uitgebeeld word in sy gedrag, wees altyd gefokus op die siekte van sy hart meer as die simptome daarvan.

5. Verwelkom hulle tuis.

Omdat die diepste bekommernis nie jou kind se gedrag is nie, maar sy hart, moet jy nie te veel vereistes neerlê vir hulle terugkeur huis toe nie. As hy enigsins kans sien om met jou te wees, is dit God wat jou ‘n kans gee om hom lief te hê terug na Jesus toe. Natuurlik is daar geleenthede waar ouers ultimatums moet gee: ‘Moenie na hierdie huis toe kom nie as jy ….” Maar dit sal min gebeur. Moenie die geleenthede om met jou kind te wees verminder deur te veel reëls nie.

As jou dogter die reuk van dagga of dit van ‘n asbak het, sproei haar baadjie met Febreze en verander die beddegoed wanneer sy weg is, maar laat haar huis toe kom. As jy uitvind dat sy swanger is, kry foliensuur, neem haar vir haar twintig-weeklikse ultrasound, beskerm haar teen “Planned Parenthood” en ten alle koste laat haar huis toe kom. As jou seun platsak is omdat hy al die geld wat jy hom geleen het op los vrouens en duur drank verkwaansel het, vergewe hom soos jy vergewe was en versuim om hom meer geld te gee, en laat hy huis toe kom. As hy nie vir ‘n week en ‘n half tuis was nie omdat hy by sy meisie-of kêrel- se woonstel was, pleit by hom om huis toe te kom en laat hom toe om huis toe te kom.

6. Pleit by hulle meer as wat jy hulle vermaan

Wees matig in jou teleurstelling.

Wat jou regtig bekommer is die feit dat jou dogter haarself vernietig, nie dat sy reëls verontagsaam nie. Behandel haar op ‘n manier wat dit duidelik maak. Sy weet waarskynlik-veral as sy as ‘n Christen groot gemaak was-dat dit wat sy doen verkeerd is. En sy weet defnitief jy dink so. So dit is nie nodig vir jou om dit uit te wys nie. Sy moet sien hoe jy gaan reageer op haar wangedrag. Jou sagte geduld en hoopvolle berou sal vir haar ‘n bewys wees dat jy Jesus vertrou. Haar gewete sal haar oortuig. Ouers moet sag maar ferm wees en altyd leef in die hoop dat hulle kind na Jesus toe sal terugkeur.

7. Verbind hulle met gelowigges wat beter toegang het tot hulle

Daar is twee manier hoe jy toegang tot jou kind mag hê: geografies en deur verhoudings. As jou afvaligge seun ver weg bly, probeer om ‘n stewigge gelowigge in sy gebied te vind en vra hom om jou seun te kontak. Dit mag vir hom voorkom as nuuskurig of dom of hom embarrasseer, maar dit is die moeite werd-veral as die gelowigge vir wie se hulp jy gevra het op ‘n emosionele vlak met jou seun kan kommunikeer.

Afstand in verhoudings sal ook ‘n newe effek wees van jou kind se afvalligheid, so jou verhouding sal broos wees en moet beskerm word ten alle koste. Maar streng vermaning is steeds noodsaaklik.

Dit is waar ‘n gelowigge wat emosionele toegang tot jou seun het dalk van groot hulp kan wees. As daar ‘n gelowigge is wie die vertroue van jou seun dra en wie se geselskap jou seun gen. iet, dan het daardie gelowigge ‘n platform om jou seun te vertel dat hy ‘n idioot is en dat hy sy gedrag moet verander. Dit mag kras klink, maar dit is ‘n nuusflits wat ons almal van tyd tot tyd nodig het, en mense vir wie ons vertrou is gewoonlik hulle wat ‘n pynlike vermaning kan oordra as ‘n gawe aan ons.

Baie rebelse kinders sal goed doen as hulle hoor dat hulle dwaas is-en dit is maar skaars wanneer ouers dit met sukses kan doen, en daarom is dit goed om ander Christene in jou kinders se lewens te hê. 8. Respekteer hulle vriende.

Eer jou afvaligge kind op dieselfde manier hoe jy ‘n ander ongelowigge sal eer. Hulle mag miskien rond beweeg met groepe vir wie jy nooit eers sal aanskou nie, maar hulle bly jou kind se vriende. Respekteer dit-selfs as daardie verhouding op sonde gegrond is. Hulle is ‘n slegte invloed op jou kind, ja. Maar hy is ‘n slegte invloed op hulle ook. Jy gaan niks oplos deur dit duidelik te maak dat jy nie van sy vriende hou nie. As jou seun opdaag vir ‘n familie verjaarsdag viering met ‘n meisie-‘n meisie wat jy nog nooit voorheen gesien het nie en wie jy waarskynlik nooit weer sal sien nie-wees gasvry. Sy is ook iemand se afvalligge kind en sy het Jesus net so nodig.

9. Stuur hulle ‘n e-pos.

Dank God vir tegnologie wat jou instaat stel om so gerieflik in jou kinders se lewens te kan bly. Wanneer jy iets in die Bybel lees wat jou aanmoedig en jou help om Jesus meer lief te hê, skryf ‘n paar reëls en stuur dit aan jou kind. Die beste aanmoediging vir hulle is positiewe voorbeelde van Christus se vreugde in jou lewe.

Moenie te veel stres oor hoe jy jou gedagtes oordra nie. Skryf hulle eenvouodig neer en laat jou versamelde tevredenheid in God in jou kind se e-pos verskyn. Die Woord van God word nooit tevergeefs verkondig nie.

10. Neem hulle uit vir middagete.

As dit moontlik is, verhoed dat jou enigste interaksie met jou kind net elektronies wees. Ontmoet hom iewers sodat jy hom in die gesig kan staar. Jy mag dink dit is ongemaklik of stresvol, maar vertrou my, dit is baie erger om in jou kind se skoene te wees-hy ervaar ook al die ongemak, maar met bykomende skuld gevoelens. So as hy gewillig is om te ontmoet vir middagete, loof God en gebruik die geleentheid.

Dit sal amper hipokraties voel om te praat oor sy daaglikse lewe sedert jy meer belangstel in sy ewige lewe, maar jy moet tog probeer. Hy moet glo jy gee om vir alle aspekte van sy lewe. Dan, wanneer middagete verby is, bid dat die Here jou die durf sal gee om hom uit te vra oor sy siel. Jy weet nie hoe hy sal reageer nie. Sal hy sy oë rol asof jy ‘n idioot is? Sal hy kwaad word en uit storm? Of het God oortuiging in sy hart teweegebring sedert jy laas met hom gepraat het? Jy sal nooit weet nie tensy jy die risko neem om te vra nie. (Hier is ‘n nota vir ouers van jonger kinders: Maak gereeld tyd om uit te gaan eet met jou kinders. Dit sal nie net van groot waarde wees nie, maar ook, wanneer hulle ‘n moeilike seisoen beleef, sal die tradisie van ontmoetings vir etes in plek wees en dan nie snaaks voel wanneer jy dit voorstel nie. As ‘n seuntjie opgroei om Saterdae met sy pappa uit te eet, sal dit nie iets vreemds vir hom wees later in sy lewe as pappa dit voorstel nie-selfs as hy ‘n moeilike neentienjarige is nie.

11. Toon belangstelling in hulle tydverdrywe

As jou dogter Christus met opset verwerp sal sy waarskynlik betrokke wees in aktiwiteite wat jou sal teleurstel. Alhoewel dit so mag wees moet jy nog steeds waarde vind in haar tydverdrywe as dit moontlik is, en haar aanmoedig. Jy het haar skool toneelstukke en sokker wedstryde bygewoon toe sy 10 jaar oud was; wat kan jy nou doen om te toon dat jy in haar tydwerdrywe belangstel nou dat sy twintig jaar oud is? Jesus het tyd spandeer met tollenaars en prostitiete en hy was nie eers verwant aan hulle nie. Volg Christus na deur die tipe ouer te wees wat oorproppe in jou sak plaas en na nie agterbuurt nagklub gaan waar jou dogter se CD vrystelling vertoning plaasvind. Moedig haar aan en hou nooit op om vir haar te bid nie sodat sy haar gawe kan gebruik vir Jesus se glorie en nie vir haar eie glorie nie.

12. Wys hulle na Christus

Dit kan nie méér beklemtoon word nie. Dit is die hele punt. Geen poging om uit te reik na jou seun of dogter kan enige houdende uitwerking op hulle het nie as jou onderliggende doel nie is vir hulle om Jesus te ken nie. Jesus.

Dit is nie vir hulle om weer goeie kinders te wees nie; dit is nie vir hulle om hulle hare te sny nie of om weer ‘n stort te neem nie; dit is nie vir hulle om na klassieke musiek te luister nie in plaas van “deathcore;” dit is nie om jou van die verleentheid te spaar nie tydens die weeklikse Bybel studie klas; dit is nie sodat hulle weer konserwatief sal stem nie by die volgende verkiesing; dit is nie eers vir jou om saans beter te slaap nie met die wete dat hulle nie hel toe sal gaan nie.

Die belangrikse rede waarom jy vir hulle moet bid, hulle verwelkom, pleit met hulle, ‘n epos vir hulle stuur; saam met hulle eet; of belangstelling toon in hulle aktiwiteite is sodat hulle oë sal oop gaan vir Christus. En nie net is Hy die hele punt nie-Hy is die enigste hoop. Wanneer hulle die wondere sien van Jesus, sal tevredenheid verskillend gesien word. Hy sal die patetiese verlange na geld, die lof van mens of die seksuele ekstase waarna hulle soek vervang. Net Sy genade kan hulle weg dryf van hul gevaarlike verdrywe en hulle veilig na Homself bring-vasgebind, maar tevrede.

Hy sal dit doen vir vele. Wees getrou en moenie tou opgooi nie.