Beplanning vir ons Vakansie Tyd

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Parenting
Topic Index
About this resource
English: Planning Life into Our Vacation

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Parenting
Part of the series Taste & See

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).


Baie ervarings glip deur ons vingers met min of geen beduidendheid. Dit maak ons mismoedig want ons sien hoe ons lewens weg kwyn sonder betekenis. Ons wil ‘n lewe hê wat vol vreugde en liefde en intensiteit is, maar keer op keer wil dit voorkom asof ons doelloos en half aan die slaap deur die lewe gaan. Die lewe word net ‘n verveligge vermors van tyd. En ons harte verlang na ‘n lewe van opwindende en lewenslustige ervarings.

“n Vakansie is een van die ervarings wat ‘n mens depresief kan laat voel as jy dink dit het deur jou vingers geglip sonder enige betekenis. Ek is baie gretig vir dit om nie met my en Noël en die seuns te gebeur nie wanneer ons met vakansie gaan in Augustus. Ek wil “post-vacation blues” vermy. Ek wil hê ons reis in Augustus moet borrel met lewe. Daar is drie dinge wat ek doen om dit te laat gebeur.

Eerstens, ek bid God moet my wys hoe om te beplan, en net God kan die genade gee om te verhoed dat ons nie mekaar vermorsel op daardie 2,500 myl pad nie. Tweedens, ek besin oor watter doele ek vir ‘n vakansie wil hê. Die lewe glip deur onse vingers want ons besin nie wat ons uit die lewe wil put nie. Derdens, ek beplan spesifieke maniere om seker te maak dat hierdie vakansie-doele bereik gaan word.

Laat my toe om sommige van my doele met jou te deel. Dit sal julle help om vir ons te bid en dalk help dit jou om jou eie doele vas te lê.

  1. Ek wil huis toe kom goed uitgerus en verkwik. Dit beteken ons moet beplan om vroeg bed toe te gaan want ons seuns staan sewe uur op. Of miskien moet ons ‘n paar uiltjies knip. Dit gaan ook beteken dat ons vroeër moet stop om ons kamp op te stel terwyl ons reis.
  2. Ek wil vreugde gee aan my kinders se groot ouers. Daarom wil ons ‘n tydjie deur bring in Easley, SC, waar my vader bly en in Barnsville, GA, waar Noël se ouers bly.
  3. Ek wil graag baie kwaliteit tyd met Noël deur bring om my diepe liefde vir haar te betoon en waardering te wys vir haar venootskap, om 'n assessering te doen van ons lewe saam na een jaar in die bediening, om saam te droom oor die toekoms (ons seuns se skool opleiding, ons getuienis aan ons medemens, ons bediening of gasvryheid aan die kerk, ons materiële leefstyl), om 'n boek hardop aan mekaar voor te lees, en om saam te bid (O, die belangrikheid daarvan vir paartjies om saam te bid!!). Om dit alles te doen beplan ek en Noël om 'n week alleen in North Carolina deur te bring.
  4. Ek wil my seuns se lewens verryk deur hulle aan nuwe ervarings bloot te stel en om hulle gelukkig te maak. Ek beplan om by noemenswaardige plekke langs die pad te stop, om spesiale familie aanbiddings tye te hou, om baie vrae aan hulle te stel en om my bes te probeer om nie geïriteerd te word as ek in die rede geval word nie.
  5. Ek wil boeke lees wat my dieper insigte sal gee aangaande bybelse waarhede en wat my sal aanroer om 'n meer ywerigge “pastoor-leermeester” te wees.
  6. Ek wil graag baie tyd alleen in gebed spandeer om te bid vir die toekoms van die kerk en om my preke te beplan tot volgende lente.
  7. Ek wil verfris word in my gees en in my verbeelding. Ek beplan om 'n paar verbeeldingryke literatuur stukke te lees om my oë bewus te maak van die wêreld om my.
  8. Ek wil die geur van die evangelie versprei oral waar ons reis. Ek beplan dus om leestof saam te neem wat ons sal versprei, wanneer 'n geleentheid daar is, as getuienisse van Christus.

Sal julle vir ons familie bid terwyl ons gereed maak vir ons vakansie en selfs wanneer ons weg is gedurende Augustus. En mag God ons almal help om “te lewe met al ons mag terwyl ons lewe.”

Pastoor John