Christus het Gelei en Gesterf om Ons te Verlos van die Teenwoordige Boosheid

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About The Death of Christ
Topic Index
About this resource
English: Christ Suffered and Died to Deliver Us from the Present Evil

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About The Death of Christ
Part of the series Taste & See

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).



Galàsiërs 1:4

“(Hy) wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader.”

Totdat ons sterf, of totdat Christus weer kom om Sy koninkryk te vestig, sal ons leef in “die teenwoordige bose wêreld.” Daarom, as die Bybel verklaar dat Christus Homself gegee het om ons “te verlos van die teenwoordige bose wêreld,” beteken dit nie dat Hy ons uit die wêreld sal verwyder nie, maar dat Hy ons sal verlos van die mag van die teenwoordige boosheid. Jesus het so vir ons gebid: “Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar” (Johannes 17:15).

Die rede waarom Jesus bid vir verlossing van “die Bose” is omdat die “teenwoordige bose tyd” die periode is waarin Satan vrye teëls gegee word om te bedrieg en te vernietig. Die Bybel verklaar, “die hele wêreld in die mag van die Bose lê” (1 Johannes 5: 19). Die “Bose” word genoem “die owerste van hierdie wêreld” en sy belangrikste doelwit is om die mensdom te verblind ten opsigte van die waarheid. “Die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Korinthiërs 4:4).

Totdat ons ontwaak uit ons geestelike toestand van duisternis, sal ons leef onder die mag van “die teenwoordige bose tyd” en onder die mag van die een wat dit beheer. “waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk” (Efésiërs 2:2). Sonder ons beterwete was ons diensknegte van die duiwel. Wat ons beleef het as vryheid was eintlik gevangeskap. Die Bybel spreek direk tot die 21ste eeu se fieterjasies, pret en verslaafdheid wanneer dit sê, “Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword” (2 Petrus 2:19).

Die klinkinde uitroep van die Bybel verklaar: “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is” (Romeine 12:2). Met ander woorde, wees vry! Moenie geflous word deur die gurus van die teenwoordige wêreld nie. Hulle is met ons vandag en môre verdwyn hulle. Die een verslawende fieterjasie volg die ander. Oor dertig jaar sal vandag se tatoeëer merke nie tekens van vryheid wees nie, maar onuitwisbare herinneringe van gelykvormigheid.

Die wysheid van die teenwoordige wêreld is dwaasheid in seining van die ewigheid. “Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word; want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God … Want die woord van die kruis is wel dwaas-heid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God” (1 Korinthiërs 3:18-19; 1: 18). Wat is dan die wysheid van God in hierdie teenwoordige tyd? Dit is die groot bevrydende dood van Jesus Christus. Die vroë volgelinge van Jesus het verklaar, “maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, … die krag van God en die wysheid van God” (1 Korinthiërs 1:23).

Met Christus se kruisdood het hy miljoene vasgekeerdes bevry. Hy het die duiwel se bedrog ontmasker en sy mag verbreek. Dit is wat Hy bedoel het op die vooraand van sy kruisiging toe Hy sê, “Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word” (Johannes 12:31). Moenie ‘n oorwonne vyand volg nie. Volg Christus. Jy sal ‘n uitgewekene wees in die teenwoordige wêreld, maar jy sal vry wees.