Die Doel van God se Liefde Is Nie Noodwendig Wat Jy Dink Nie

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About The Love of God
Topic Index
About this resource
English: The Goal of God's Love May Not Be What You Think It Is

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About The Love of God

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).



Besoek mense die Grand Canyon om hul self-beeld te verbreed? Waarskynlik nie. Dit, ten minste, gee ‘n anduiding dat ons diepste vreugde in die lewe onstaan nie uit self bevrediging nie, maar deur die aanskouing van die pragtige. En aan die einde kan selfs die Grand Canyon dit nie vermag nie. Ons was geskape om God te geniet.

Ons is almal geneig om te glo ons is die middelpunt van die heelal. Hoe sal ons genees word van hierdie vreugde vernietigende siekte? Miskien deur opnuut te hoor hoe radikaal Godgesentreerd die werklikheid is volgens die Bybel.

Beide die Ou en Nuwe Testament leer dat God se liefde teenoor ons bedoel is om Hom te verheerlik. “Christus het ‘n dienaar geword … sodat die ander nasies God oor sy ontferming sou verheerlik” (Romeine 15:8-9). God was barmhartig teenoor ons sodat ons Hom kan verheerlik. Ons vind dit in hierdie woorde, “In sy (God) liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking ons bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees … tot prys van sy genade en kragtens die ryke genade van God (Efesiërs 1:4-6). Met ander woorde, die doel van God se liefde teenoor ons is daargestel sodat ons Hom kan prys. Een meer illustrasie uit Psalm 86:12-13: “Met my hele hart sal ek U prys … U naam altyd eer. Want U liefde vir my was groot.” God se liefde is die grond. Sy verheerliking is die doelwit.

Dit is skokkend. Die liefde van God beteken nie HY verhef ons nie, eerder God red ons van selfgesentreerdheid sodat ons Hom vir ewig kan geniet. En ons liefde teenoor ander beteken nie ons verhef hulle nie, maar is ‘n poging om hulle te kry om God te verhef en om hul tevredenheid in Hom te vind. Die doel van ware liefde is mense te kry om hul bevrediging te vind in die glorie van God. Enige liefde wat eindig by die mensdom is vernietigend. Dit lei nie mense na die enigste bron van blywende vreugde, naamlik God, nie. Liefde moet Godgestreerd wees, anders is dit nie ware liefde nie; dit ontneem mense van hul finale hoop op vreugde.

Neem die kruis as ‘n voorbeeld. Die dood van Jesus Christus is die uiterste uitdrukking van goddelike liefde. “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (Romeine 5:8). Tog verklaar die Bybel dat die doel van Christus se dood was dat “hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels; Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly” (Romeine 3:25). Om sondes ongestraf te laat skep ‘n groot probleem in terme van die regverdigheid van God. Dit skep die indruk dat God ‘n regter is wat kriminele vrylaat sonder straf vir hul sonde. Met ander woorde, die barmhartigheid van God plaas die regverdigheid van God in gevaar.

Om Sy regverdigheid te regverdig doen Hy die ondenkbare – Hy gee Sy seun oor aan die dood as ‘n plaasvervanger om die straf te dra van ons sonde. Die kruis toon duidelik dat God nie wreedheid onder die mat van die heelal vee nie. Hy straf dit in Jesus aan dié wat glo.

Maar let daarop dat hierdie daad van liefde is die middelpunt van die regverdiging van God se geregtigheid. Goeie Vrydag liefde is liefde wat God verheerlik. God verhef God by die kruis. As Hy dit nie gedoen het nie, kon Hy nie regverdig wees nie en ons red van ons sonde nie. Maar dit is ‘n fout om te sê, “Wel, as die doel was om ons te red, dan was ons die uiteindelike doel van die kruis.” Nee, ons was gered van die sonde sodat ons die mag van God kan sien en in Sy glorie kan jubel. Dit is die uiteindelike liefdesdoel van Christus se dood. Hy het nie gesterf om ons op te hef nie, maar om ons te bevry sodat ons God vir ewig kan verheerlik.

Dit is foutief om die kruis te gebruik as bewys dat selfbeeld die wortel is van geestesgesondheid. As ek voor die liefde van God staan en voel nie ‘n gesonde, bevredigende, bevrydende vreugde nie tensy ek daardie liefde verdraai in ‘n eggo van my selfbeeld, dan is ek soos ‘n man wat voor die Grand Canyon staan en geen bevredigende wonder ervaar nie totdat hy die Canyon gebruik as ‘n saak vir sy eie belangrikheid. Dit is nie die teenswoordigheid van geestesgesondheid nie, maar selfgebondenheid.

Die kuur vir hierdie gebondenheid is om God te sien as die een wese in die heelal vir wie selfverheffing die mees liefdevolle daad is. Deur selfverheffing – Grand Canyon tipe – kry Hy die glorie en ons kry die vreugde. Die grootste nuus in al die wêreld is dat daar geen finale konflik tussen my passie vir vreugde en God se passie vir Sy glorie is nie. Die knoop wat dit tesame snoer is die feit dat God die meeste glorie ontvang wanneer ons die mees tevrede is in Hom. Jesus Christus het gesterwe en weer opgestaan om die verraad van ons siele te vergewe, wat gedraai het van koestering vir God na selfkoestering. By die kruis van Christus, red God ons van die huis van spieëls en lei ons uit na die berge en “canyons” van Sy majesteit. Niks stel ons meer tevrede of verheerlik Hom meer nie.