Die Dood is Maar ‘n Poort

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Death & Dying
Topic Index
About this resource
English: Death Is but a Doorway

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Death & Dying
Part of the series Message Excerpt

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).



Maandag ontvang ek ‘n teks boodskap wat sê dat een van die langdienende lede van ons kerk, veel jonger as ek, in die hospital opgeneem is met fase vier kanker en het nie veel tyd oor om te leef nie. Ek bel toe vir Jason Meyer en sê, “Kan ek kom besoek aflê?” Dis hoe ons verbod hier werk. Hy weier nooit, maar ek maak altyd seker, en hy dui aan ek kan gaan. Ek vertrek na die hospital en parkeer waar ek al die afgelope 38 jaar parkeer. Ek is bekend met die geheime parkeer plekke.

Ek stap in by onkologie, en wanneer die verpleegsters haar kamer verlaat, stap ek in die vertrek. Sy glimlag breed terwyl ek sitplek inneem. Kan jy dink wat ons vir die volgende fytien minute gedoen het? Ons het gejuig oor die hoop in die heerlikheid van God.

Ons weerhou niks nie. Sy gaan sterf. Ek gaan sterf. Jy is siek. Ek mag siek wees. Geen speletjies hier nie. Kom ons maak gereed. Kom ons praat daaroor. Kom ons geniet dit. Kom ons juig hierin. En ek staar direk in haar oë en sê, “God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word. Hy het ter wille van ons gesterwe, sodat ons, of ons by Sy koms nog lewe of reeds dood is, saam met Hom kan lewe” (1 Tessalonisense 5:9-10).

Of jy vir die pastorale bediening voorberei of nie, jy gaan dit eendag moet doen. Moenie daarvan weg hardloop nie. Omhels dit. Niks is soeter, kosbaar, en meer asemrowend as om langs ‘n persoon te staan wat binne ‘n paar weke in die teenwoordigheid van Jesus sal wees nie, en wat saam met jou in die hoop van God juig nie.

Jy word nie geroep tot periodiese vreugde nie. Jy word geroep tot ononderbroke vreudge – “gebroke, maar altyd vreugdevol” (2 Kor. 6:10). En ek sal aanvoer dat hoop altyd die middelpunt sal wees. Die sleutel tot volhoubare vreugde gedurende kanker siekte, in en deur jou huis in Noord Karolina, en in en deur elke wyse van lyding is die hoop in die heerlikheid van God.

“Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg” (Matteus 5:11-12). Dis die enigste manier. Jy moet jou hele versier op die hemel rig. Jy moet die heerlikheid van God so lief het dat jy dit binne die bestek van ‘n paar weke of jare meer sal lief het as enigiets anders in die wêreld – meer as wat jy daarvan hou om ‘n A simbool te behaal in ‘n toets, of meer as om te trou en meer as om gesond te wees.

Hoop in die heerlikheid van God is die sleutel tot liefde vir ander en om medelye teenoor ander mense te toon, selfs as dit jou eie lewe sal kos. Hebreërs 10:34: “Julle het met die gevangenes meegevoel gehad, en toe op julle besittings beslag gelê is, het julle geweet het wat beter en blywend is“.

Jy het met vreugde die plundering van jou eiendom aanvaar want jy het jouself geiidentifiseer met daai rakker Christene in die gevangenis. Hoe het jy dit gedoen? Hoe kry jy die vreugde as jou huis besig is om af te brand? “Aangesien julle geweet het dat julle self ‘n beter en blywende besitting het.” Oneindig beter. Oneindig durend. Die alle bevredigende heerlikheid van God.