Die Glorie van God en die Diepste Vreugde van die Menslike Siel is Eenvormig

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About The Glory of God
Topic Index
About this resource
English: God's Glory and the Deepest Joy of Human Souls Are One Thing

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About The Glory of God

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).



Fyftien Implikasies

So skryf Jonathan Edwards:

As God sy glorie soek doen Hy dit tot goede van Sy skepsels, want die uitvloeisel van Sy glorie … behels die … vreugde van Sy skepsels. En as Hy sy volheid vir hulle kommunikeer, ter wille van hul eie voordeel, waarna Hy streef, is dit alles in eenheid en kommunikasie met Homself. God is hul goedheid. Hul voortreflikheid en vreugde is niks anders nie as die uitvloeisel en uitdrukking van God se glorie. Terwyl God sy glorie soek, soek Hy ook hulle glorie en vreugde.
Daarom is dit maklik om in te dink hoe God die beste vir die skepsels soek … selfs sy blydskap, vanuit Sy operste gesag vir Homself, soos sy blydskap oprys uit … die skepsel se opperste agting vir God … in aanskouing van God se glorie, uit eerbiedigheid, liefde daarvoor en verheurliking daarin.
God se respek teenoor die skepsel en Sy respek vir Homself is nie teenstrydig nie; maar albei is verenig in een, want die blydskap van die skepsel is eenvormig met blydskap in Homself.

In sy boek, God se Passie vir Sy Glorie: Beleef die Visie van Jonathan Edwards (met die volledige teks van Die Doel Waarmee God die Wêreld Geskape Het (Wheaton, Illinois, Crossway Books, 1998), gee John Piper 15 implikasies vir die bogenoemde waarhede:

1. God se passie vir Sy Eie Glorie en Sy passie vir my vreudge in Hom is nie teenstrydig nie.

2. Dus, God is as verbind tot my ewige en groeiende vreugde in Hom as wat Hy verbind is tot Sy eie glorie.

3. God se liefde vir sondaars beteken nie Hy vereer hulle nie, maar Sy genadiglike verlossing bemagtig hulle om Hom te geniet en te vereer.

4. Alle ware deugsaamheid (reinheid) onder die mensdom moet gerig wees tot verheerliking van God se glorie.

5. Dit volg ook dat sonde die selfmoord uitwisseling van God se glorie is vir die gebroke bakke van die skepsels.

6. Die hemel sal ‘n ewigdurende en voortvloeiende ontdekking wees van God se glorie met groter en groeiende vreugde in Hom.

7. Hel is onuitspreeklik werklik, aaklig en ewig – die ervaring waar God Sy glorie uitoefen met heilige torn oor dié wat nie hulself verheug in Sy ewige glorie nie.

8. Evangelisasie beteken dat die skoonheid van Christus en Sy werk van verlossing met dringende liefdes oorgawe verkondig word om die mensdom te help om hul bevrediging in Hom te vind.

9. Soortgelyke Christelike prediking, as deel van die korporatiewe aanbidding van die kerk van Christus, is die uiteensetting van God se glorie in Sy Woord, wat geskep was om God se mense weg te lok van die tydelike plesiere van die sonde tot ‘n pad van gehoorsame bevrediging in Hom.

10. Die kern van ware korporatiewe aanbidding is die kollektiewe belewenis van innige bevrediging in die glorie van God , of ‘n siddering dat ons dit nie het nie of ‘n groot verlange daarna.

11. Wêreld sendings is ‘n verklaring van die glorie van God aan alle onbereikbare mense met die oogmerk om aanbidders bymekaar te bring wat God loof deur blydskap van radikaal veranderde lewens.

12. Gebed is die roep na God om hulp en dis eenvoudig dat Hy wonderbaarlik vindingryk is en ons in nederigheid en in blye nood is van Sy genade.

13. De taak van die Christen geleerde is om realiteit te bestudeer as ‘n manifestasie van God se glorie, om daarna te verwys met akkuraatheid en om die mooiheid van God daarin te gewaar.

14. Die weg om God te verheurlik in sy dood is deur dood te sien as wins.

15. “Dit is ‘n Christelike plig, soos julle weet, vir elkeen om so gelukkig te wees soos hy kan wees” (C.S. Lewis).