Heilige Naam Laat Val

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By Jenny Frank
Author Index
More About Prayer
Topic Index
About this resource
English: Sanctified Name-Dropping

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By Jenny Frank About Prayer

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).



In Jesus naam, amen.

Ons heg dikwels hierdie frase aan die einde van ons gebede uir gewoonte. Miskien as gevolg van ons Christelike kondisionering, of miskien omdat dit aandui dat ons ons beurt in groep gebedstye voltooi het, herhaal ons hierdie frase gereeld, maar dink ons regtig aan die betekenis daarvan? Om in die Naam van Jesus te bid is geen formaliteit nie. Ons benader God in gebed deur Jesus omdat Jesus die gronde is waarop God kies om ons te hoor.

Jesus praat grootliks met sy dissipels oor gebed in Johannes 16, en berei sy volgeling nie net vir sy dood nie, maar ook na sy opstanding op die regterhand van die Vader – ‘n tyd wanneer hulle nie meer op sy fisiese teenwordigheid kan staatmaak nie. Hierdie spesifieke hoofstuk is nuttig om die potensiële verwaterde betekenis van gebed in Jesus se naam te herstel. Deur hierdie gedeelte kry ons ‘n ontsagwekkende blik op die verhousing tussen Jesus en Sy Vader. Ons sien ‘n pragtige vermenging van Jesus se blywende onderhewigheid aan Sy Vader, en die Vader se onophoudelike verheffing van Sy geliefde Seun.

Die Bewys is in die Gebed

Wat gebed betref, het hierdie unieke verhouding tussen die Vader en Sy Seun diepgaande implikasies op die manier waarop volgelinge van Jesus in die gebed God sal nader. Soos Jesus met sy volelinge praat oor die smarte en vreugdes wat hulle binnekort sal ervaar, stel Hy ‘n patroon van gebed aan wat Sy Vader wil verheerlik en sy identitiet terselfdertyd validateer tot die volheid van ons vreugde.

In daardie dag sal jy my niks vra nie. Voorwaar, voorwaar, ek sê vir jou, wat jy ook al van die Vader in My Naam sal vra, sal Hy jou gee. Tot nou toe het jy niks in My Naam gevra nie, Vra en jy sal ontvang, sodat jou vreugde volkome kan wees (Johannes 16:23-24).

Net soos in Johannes 16:26-27, eerder as om die Vader ontoeganglik te beskou, maak Jesus dit duidelik dat die Vader bereid is om ons versoeke te beantwoord wanneer ons in Sy Naam om.

In daardie dag sal jy in my naam vra en ek sê nie vir jou dat ek die Vader namens jou sal vra nie, want die Vader self het jou lief omdat jy my liefgehad het en geglo het dat ek uit God gekom het.

God verkies om ons te hoor omdat ons Jesus liefgehad het en geglo het dat God Hom gestuur het. God antwoord diegene wat van Hom op grond van Jesus en Sy evangelie werk vra, aangesien God verbind is tot die bevestiging van die legimiteit van wie Jesus is. God is lief vir diegene wat Sy Seun herken as die beeld van die onsigbare God (Kolossense 1:15), die presiese afdruk van Sy natuur (Hebreërs 1:3).

Goddelike Naam Val

In ‘n sekere sin laat die naam val-daardie subtiele kuns om ‘n persoonlike verband met iemand van belangrikheid te impliseer ten einde ‘n groter gehoor en geloofwaardigheid te verkry. Dit is wat gebeur as ons in Jesus se naam bid. Ons gebruik ‘n soort geheiligde naam om te val- alhoewel ons nie bloot ‘n vlo, is kinders vanerhouding impliseer nie. Almal wat in Jesus glo is kinders van God (Johannes 1:12). Ons bid as die Vader se seuns en dogters in Christus-diegene wat Hy voor die tyd gekies het, gered in die volheid van tyd en sal wees vir die res van alle tye.

Omdat ons God se onwrikbare liefde vir Sy Seun ken en omdat ons in die Seun gevind word, kan ons verseker wees dat God ons hoor. God is gretig om ons versoek te beantwoord wanneer ons na God kom ter wille van Christus-omdat God Jesus wil verheerlik.