Hoe Moedig Jy Christen Ouers Aan en Hoe Adviseer Jy Hulle?

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Parenting
Topic Index
About this resource
English: How do you encourage and advise Christian parents?

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Parenting
Part of the series Ask Pastor John

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).


Die volgende is ‘n verkorte weergawe van die klankopname

Eerstens, ek wil julle aanmoedig dat ons almal voel onvoldoende aan die begin en skuldig aan die einde van ouer wees. Ons dink ons doen ons bes. Ons dink ons het dit in die kol om dit of dat te doen. Dan na 10 of 20 jaar van ouer wees lees ons ‘n boek, hoor ‘n praatjie, of ons aanskou ‘n person en ons besef, “Wraggies, dis ‘n goeie idee! Ek het nooit daaraan gedink nie, en ek het dit nog nooit gedoen nie. Wat as ek dit moes doen?”

Ongeag hoe goed ons dink ons is as ouers, voel ons tog aan die einde skuldig en onvoldoende. Die sleutel tot hoop en om op te tel en vorentoe te beweeg, is eerstens the kruis van Christus, om die vergifnis te ontvang vir ons tekortkominge en ons mislukkings. Tweedens, en dit is regtig, regtig belangrik, om te weet dat God kinders kan red uit die ergste van huise, huise wat veel erger is as joune.

Ek weet van baie volwasse Christene wie produktief, gelukkig, godelik en met goeie huwelike sit, wat uit vreeslike huise kom. En dit moet baie goeie nuus wees vir ons as ouers. As God iemand kan neem uit ‘n gebroke familie-miskien deur verskeie egskeidings, aakligge mishandeling en verwaarlosing-en maak dit sodat hulle op 42 jarige ouderdom produktief, solied, gelowig en aanbiddend is, kan jy jou gerus stel dat ouer wees nie die nie kwessie is nie. God is die kwessie.

En die feit dat Hy mense red uit vreeslike situasies moet ons aanmoedig om nie vreeslike situasies te ontwikkel nie, maar om te weet dat ons ons bes gedoen het en dis al wat ons kan doen. God vegewe ons tekortkomminge en Hy maak die verskil op in ons kinders se lewens.

Wat is sommige van die dinge wat jy in jou eie huis gedoen het?

Ek dink die Bybel is die belangrikste handboek vir kinders groot maak.

Ek is nie gekant teen voorgeskrewe boeke nie. Ek gaan nie enige name nou noem nie, want ek is so oningelig dat ek sekerlik nie die beste name sal kan opnoem nie. Ek sal mense aanmoedig om net die beste boeke te lees en om goeie berading te kry by hulle pastoor.

Maar ek gaan sonder vrees vir enige kontradiksie sê dat die mees belangrikste boek om te ken om ‘n goeie ouer te wees, is die Bybel. Dit is omdat ek dink die rol van ma en pa is om Christus uit beeld en om God uit te beeld.

Klein kinders-een tot drie jaar oud-ken nog nie die Here op ‘n persoonlike of teologiese manier nie. Hulle ken wel vir mamma en papa. Hulle ken mamma en pappa uiteraard, en hulle ken mamma en pappa met hulle ore, oë en aanraking. En mamma en papa moet God uit beeld so vroeg soos 1,2 en 3 jarige ouderdom. Maar hoe kan hulle dit doen as hulle God nie ken nie en as hulle nie die Bybel ken nie?

Toe ek my seuns begin groot maak, en nou my dogter ook, met die kennis dat God ‘n God van regverdigheid en ‘n God van genade is, het ek tot die slotsom gekom dat ek warmte, soete genade met regverdigheid moet meng. Die kinders moet in eerbied staan teenoor God en sidder met die gedagte van hel. En hulle moet tyd met God koester. Hy is die mees barmhartigge, goedgesinde, soetste, en wonderlikste persoon om by te wees.

Beide mamma en pappa moet God weerspieël aan hulle kinders, maar veral pappa. Daar moet genoeg weerlig and donder wees in hulle stemme wanneer verkeerde gedrag en sonde gepleeg word sodat die kinders in eerbied staan teenoor pappa en mamma. En daar moet genoeg drukkies, soentjies, speletjies en genot wees sodat hulle elke oomblik met pappa en mamma sal koester.

En ek het dit nie geleer van enige ander boek behalwe die Bybel nie. So my pleidooi aan ouers is nie om paniekerig te hardloop rond te hardloop na enige boek nie, maar ook, met behulp van ander boeke, eerstens die Bybel moet raadpleeg.

Jy moet ook ander ouers dop hou. Toe ek ‘n tiener was, en veral nadat ek Noël ontmoet het en geweet het ek sou binne twee en a half jaar met haar trou, het ek verskriklik baie na ander huwelike gekyk en hoe ander ouers hulle kinders groot gemaak het.

Ek het baie geleer deur observasie en gesê, “Dis goed,” en “Dis nie goed nie.” En ek het ‘n besluit gemaak wat gebaseer was op wat ek in die Bybel gesien het en wat ek in my ouers gesien het.

So ek dink om families dop te hou, om te praat met ervare ouers, kennis te hê van die Bybel en die karakter van God, en dit te supplementeer met die beste literatuur wat geskryf is, sal goed wees.

Moet Kerk Dissipline Toegepas word Teen Swak Ouers?

Ek dink dit hang af hoe skielik en sensitief die kwessie gehanteer word. Ek het dissipline kwessies met my kinders by die kerk aangespreek, en met ander, en ek dink die punt met dissipline is om ander oor te wen tot gehoorsaamheid. Dissipline moet nie aangewend word om ontslae te raak van problematiese mense nie.

As die houding is om langsaan die manne in die kerk te kom, om te help en om geduldig te wees met hulle-as dit die gedagte is, dan dink ek daar sal ‘n tyd kom wanneer ‘n man so onwillig is om sy vaderlike verantwoordelikeheid na te kom dat daar ‘n meer dissiplinêre gevolg moet wees.

So ek sou sê, ja, dissipline kan geskik wees as dit vooraf gegaan word met en getemper word deur die regte tipe behulpsaamheid. Die kwessie is so belangrik. As ‘n man sê, “Ek sal nie bid met my kinders by die huis nie,” dan is dit ‘n ernstige vorm van ongehoorsamheid.