Hoe om die Evangelie met ons Kinders te Deel

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By E. Calvin Beisner
Author Index
More About Parenting
Topic Index
About this resource
English: Evangelizing Our Children

© Ligonier Ministries

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By E. Calvin Beisner About Parenting
Part of the series Tabletalk

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).



Hervormde Christene kan vertroosting vind in Handeling 2:39: “Want die belofte kom julle toe en julle kinders.” God se beloftes strek oor generasies. Paulus gee die versekering dat die kinders van selfs net een gelowige ouer “heilig” is (I Kor. 7:14) bevestig ons vertroue, asook dié stelling: “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”

Ons vind die wortel van hierdie vertroosting in God se verbond met Abraham: “En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond” (Gen. 17:7).

Tog verseker geboorte in ‘n gelowige familie nie verlossing nie (Rom. 2:12-29). “n Kind moet ook getrou binne die verbond grootgemaak word (Gen. 18:19; Deut. 6:6-9; Ps. 78:1-7), en hy moet glo (Joh. 3:18). Net die “wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is” is kinders van die Here (Joh. 1:10-13).

Maar as daar geen algehele belofte van verlossing vir die kinders van gelowiges nie, is daar geen voordeel om aan Christelike ouers gebore te wees nie?

Ja! Daar is groot voordeel. Soos die Jode, is hulle toevertrou aan die Woorde van God (Rom. 3:2). Daar is ongelooflike voordeel, “want julle is wedergebore nie uit veganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God (I Pet. 23-25).

Watter ander kinders hoor die Woord by die huis, groei op in die kerk waar hulle die verkondiging en prediking van die Woord week in en week uit hoor, en waar hulle vriende en onderwysers hulle aanmoedig om te glo en om gehoorsaam te wees? Waar hulle die groot gesange van die geloof hoor en dit in hulle geheue vaslê?

Tog is die belofte van verlossing aan almal wat glo, en slegs aan hulle. Ver van onvoorwaardelike versekering van verslossing , die belofte uit die Woord aan gelowiges vir hulle kinders beklemtoon die Christen ouer se verantwoordelikheid om die evangelie met hulle kinders te deel.

God sê ons moet ons kinders beveel dat hulle die weg van die Here moet hou (Gen. 18:19), wat geloof in Jesus Christus in sluit. Ons moet ons kinders bevel om Jesus te vertrou vir hulle verlossing. Ons behoort hulle die vyfde Gebod te leer, “Eer jou vader en jou moeder,” en by implikasie, ”Kinders julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here” (Efes. 6:1). “Kind, God sê jy moet my gehoorsaam. Ek sê, jy moet jou sondes belei en jou vetroue in Christus plaas.”

Kortliks, ons moet die evangelie met ons kinders deel. Ons moet die evangelie met hulle deel by elke geleentheid voor en na hulle ‘n geloofsbelydenis maak.

Dit beteken ons moet hulle leer dat deur die wet kom kennis van sonde en daarom kan geen vlees geregverdig word deur werke van die wet nie maar deur geloof apart van sulke werke (Rom. 3:19-28). Dit beteken aanhoudende herhaling voor en na hulle tot die Here se tafel toegelaat word: “Glo in die Here Jesus en jy sal gered word.”

Nie net moet ons die evangelie met ons kinders deel nie, maar ons kan die evangelie met hulle deel en ons arbeid sal nie tevergeefs wees nie. Die normale verhouding tussen ‘n ouer se getroue verkondiging van die wet en die evangelie aan die kind en die kind se geloof is een van die belangrike kwalifikasies van ‘n ouderling – hy moet “gelowige kinders het” (Titus 1:6).

Maar hoe kan ons die evangelie met ons kinders deel? Hier is drie konkrete, praktiese dinge wat jy kan doen om te verseker dat jou kinders gereeld die evangelie ervaar in ‘n konteks wat hulle sal aanmoedig om daarin te glo.

Eerstens, en belangrik in hul jonger jare, kry hulle gereeld betrokke, verkieslik daagliks, in familie aanbidding. Moenie geïntimideerd voel nie. Hou dit eenvoudig: lees ‘n gedeelte uit die Bybel, bid, sing ‘n gesang of koortjie of ‘n Bybelse kinder koortjie.

Tweedens, help hulle om ‘n gewoonte van persoonlike aanbidding aan te kweek. Weereens, hou dit eenvoudig. Lees net eenvoudig ‘n hoofstuk uit die Bybel en bid is al wat hulle moet doen. As hulle ‘n dagboek wil hou, ‘n gebedslys, of notas skryf, is dit goed, maar as hulle geïntimideerd voel dat jy daarop aandring, moet jy dit liewer uitlos.

Derdens, maak seker jou kinders woon gereeld aanbiddings dienste by, sit gereeld onder die verkondiging van die Woord, in die gemeenskap van ander gelowiges, neem gereeld deel aan die nagmaal vanaf die vroegste belydenis van hulle geloof voor die ouderlinge. Terwyl persoonlike en familie aanbidding belangrik is, beklemtoon die Bybel gemeenskaplike aanbidding.

Maar die fundamentele saak is dit: Hoe meer hulle sien dat ons, alhoewel ons weet ons sondaars is, daarin; en verskillend optree teenoor dit wat elke teks gedeelte bevat, en belangrik dat hulle sien ons (aanvaar, ontvang en rus) in Christus alleen vir ons regverdiging, heiligmaking en ewige lewe,” soos die Westminster Geloofsbeleidenis die daad van verlossing beskryf (14.2), hoe meer waarskynlik sal ons kinders in ons voetstappe volg (Johannes 5:19).

Jy kan die evangelie met jou kinders deel deur familie aanbidding, hulle te leer om persoonlike aanbidding te beoefen, en getroue deelname aan gemeenskaplike aanbidding. Die belofte – glo en jy sal gered word – is vir jou en jou kinders!