Hoekom Moet Ons die Skrif Memoriseer?

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About The Bible
Topic Index
About this resource
English: Why Memorize Scripture?

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About The Bible
Part of the series Taste & See

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).



Eerstens, ‘n paar getuienisse: Ek hoor van ‘n derdehandse bron, Dr. Howard Hendricks van Dallas Kweekskool het eens die stelling gemaak (en ek gebruik ‘n parafrase) as dit van hom sou af hang, sou elke student wat by Dallas Teologiese Kweekskool graad vang, verplig sou wees om een duisend verse perfek te leer voor hulle kon gradueer.

Dallas Willard, profesor van Filosofie by die Universiteit van Suidelike Kalifornië skryf, “Skrif memorisering is ‘n absoluut fondamenteel tot geestelike ontwikkeling. As ek sou kies tussen al die disiplines van de geestelike lewe, sou ek skrif memorisering kies, want dit is ‘n fondamentele manier hoe om ons gedagtes te vul met wat dit benodig. “Hierdie boek van die Wet sal nie jou mond verlaat nie.” Dít is waar jy dit nodig het. Hoe beland dit in jou mond? “Memorisering” (Geestelike Formasie in Christus vir die Hele Lewe en die Hele Persoon” in Vocatio, Vol. 12, nr. 2, Lente, 2001, bl. 7).

Chuck Swindol skryf, “Ek weet van geen ander enkele beoefening in die Christelike lewe wat meer belonend, prakties gesproke, as skrif memorisering is nie….. Geen ander enkel oefening betaal beter geestelike dividende nie. Jou gebedslewe sal versterk word. Jou getuienis sal skerper en baie meer effektief wees. Jou houdings en lewensuitkyk sal verandering ondergaan. Jou verstand sal meer oplettend en waaksaam wees. Jou vertroue en versekerdheid sal toe neem. Jou geloof sal versterk word (Stewige Groei in die Seisoen van die Lewe [Grand Rapids: Zondervan, 1994], p. 61).

Een van die redes waarom Martin Luther tot sy groot ontdekking uit die Bybel van regverdiging deur geloof alleen tot slotsom gekom het was omdat hy in sy vroeë jare in die Augustynse monastrie beïnvloed was deur Johann Staupitz wat hom geleer het om ‘n liefde vir die skrif te ontwikkel. Luther het die Bybel verslint gedurende ‘n tyd toe mense doktorale grade in teologie behaal het sonder om eers die Bybel te lees. Luther vertel van sy mede professor, Andreas Karlstadt, wat nie eers ‘n Bybel besit het toe hy sy doktorale graad in teologie verwerf het nie, selfs jare later het hy steeds nie ‘n Bybel besit nie (Bucher, Richard: “Martin Luther se Liefde Vir die Bybel”). Luther het so baie van die Bybel in sy geheue vasgelê sodat wanneer die Here sy oë geopen het om die waarheid van regverdiging in Romeine 1:17 te sien het hy gesê, “Daarop hardloop ek deur die skrif vanuit my geheue,” om te bevestig wat hy ontdek het.

Hier is ‘n paar redes waarom baie mense skrif memorisering beskou as essensieël tot die Christelike lewe:

Inhoud

1. Eenvormigheid tot Christus

Paulus skryf “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is (II Kor. 3:18). As ons in Christus wil groei en ontwikkel moet ons standvastig op Hom fokus. Dit word in die Woord uitgebeeld. “En die Here het weer verskyn in Silo; want die Here het Hom geopenbaar aan Samuel in Silo deur die woord van die Here” (I Samuel 3:21). Skrif memorisering maak ons aanskouing van Christus standvastiger and duideliker.

2. Daaglikse Oorwinning oor die sonde

“Waarmee sal ‘n jongeling sy pad suiwer hou, deur dit te hou na U Woord …. Ek het U Woord in my hart gebêre dat ek teen U nie sal sondig nie” (Psalm 119:9, 11). Paulus verkondig ons moet “deur die Gees … die (sondige) werke van die liggaam doodmaak” (Romeine 8:13). Die wapenrusting wat ons gebruik om mee dood te maak is die “swaard van die Gees,” dit is die Woord van God (Efesiërs 6:17). Wanneer die sonde die liggaam lok tot sondige aksie, roep ons uit na Christus se Woord van die Skrif en verslaan die versoeking en dit wat die sonde aan bied, met die kennis van Christus se meerderwaardigheid en Sy skoonheid.

3. Daaglikse Oorwinning oor Satan

Toe Jesus deur Satan versoek was in die wildernis het Hy die Skrif aangehaal uit Sy geheue en Satan daardeur laat vlug.

4. Vertroosting en Berading vir mense wat jy lief het

Ten tye wanneer mense jou berading en vertroosting nodig het mag jy dalk nie jou Bybel by jou hê nie. Maar ook, die Woord van God dra buitengewone krag wanneer dit spontaan uit die hart gespreek word. Spreuke 25:11 verklaar, “goue appels op versierde silwerborde, so is ‘n woord op sy tyd gespreek.” Dit is ‘n baie mooi manier om dit te stel. Wanneer ‘n hart vol van God se liefde spreek vanuit ‘n hart wat gevul is met die Woord van God, vloei daar seëninge uit die mond.

5. Verkondiging van die Evangelie aan Ongelowiges

Geleenthede om die evangelie te verkondig kom gewoonlik wanneer ons nie die Bybel byderhand het nie. Direkte verse uit die Bybel dra hulle eie treffende krag; en wanneer die Woord vanuit die hart gespreek word sowel as uit die Boek, getuig dit van die kosbaarheid daarvan om dit te leer. Ons moet almal in staat wees on die evangelie onder vier hoofde op te som: 1. God se heiligheid/wet/glorie; 2. Die mensdom se sonde/rebellie/ongehoorsaamheid; 3. Christus se dood ter wille van sondaars; 4. die gawe van lewe deur geloof. Leer ‘n vers of twee oor elk van hierdie vier en wees gereed tydig en ontydig om dit mee te deel.

6. Gemeenskap met God in die Genot van Sy Persoon en Weë

Die wyse waarmee ons kommunikeer met God (ons gemeenskap met God) is deur meditasie op sy kenmerke en die uitdrukking van ons dankbaarheid en bewondering en liefde, en ons soeke na Sy hulp om ‘n lewe te lei wat Sy kenmerke weerspieël. Daarom help dit ons om beter met Hom te identifiseer as ons ons gedagtes vul met teksverse. By voorbeeld, stel jou voor jy is in staat om enige tyd van die dag hierdie op te roep:

Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid. Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie. Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees. Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is (Psalm 103:8-14).

Ek gebruik doelbewus die woord “genot” wanneer ek sê, “gemeenskap met God in die genot van Sy Persoon en weë.” Baie van ons is emosioneel gestremd – almal van ons, rerig. Ons ervaar nie God in die volheid van ons emosionele potensiaal nie. Hoe sal dit verander? Een manier om dit te doen is deur die memorisering van die emosionele uitdrukkings van die Bybel en om dit aan die Here en ander uit te spreek totdat dit deel vorm van wie ons is.

By voorbeeld, in Psalm 103:1, sê ons, “Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! Dit is nie ‘n natuurlike uitdrukking vir meeste mense nie. Maar as ons dit memoriseer met ander emosionle uitdrukkings uit die Bybel, en hulle gereeld uitspreek, en die Here vra om die emosie ‘n werklikheid te maak in ons harte, sal ons wel daardie emosies en uitdrukkings ontwikkel.

Daar is ander redes om die Skrif te memoriseer. Ek hoop jy vind dit in die beoefening daarvan.