Is dit Verkeerd om Voorbehoedmiddels te Gebruik?

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Parenting
Topic Index
About this resource
English: Is it wrong to use birth control?

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Parenting
Part of the series Ask Pastor John

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).



Is dit verkeerd om voorbehoedmiddels te gebruik?

In terme van pille: as dit ‘n aborsie middel is, dan moet jy dit liewer nie gebruik nie. As jy deur jou dokter oorreed is of deur een of ander literatuur dat ‘n sekere pil gaan ‘n vrugbare eier vernietig, dan dink ek nie dit behoort jou vorm van voorbehoedmiddel te wees nie. En as dit jou enigste vraag is oor voorbehoedmiddels dan moet dit die saak daar stel vir jou.

Maar as jy wonder oor die skriftelike siening oor enige invloed wat jy sal het op die swangerskap, dan word dinge meer gekompliseerd. My antwoord is: Ja, daar is ‘n plek vir nadenkende regulering of wanneer die kinders kom en hoeveel van hulle kom.

Om te verduidelik hoe ek tot hierdie slotsom kom, laat my toe om jou ‘n gelykvormige situasie te gee.

Partykeer vra mense my of almal moet trou. Ek sê, “Nee ek dink nie so nie.” En hulle sê, ‘ Wat van Genesis 2:18 – “Dit is nie goed vir ‘n man om alleen te wees nie”? “So jy sê dit is somtyds goed?” En ek sê, “Ja, want in 1 Korintiers 7 verlang Paulus dat almal alleen moet wees soos hy as ‘n enkeling.

Die val van die mens wat plaasgevind het na Genesis 2:18 en die redding wat kom in Christus affekteer die natuurlike wêreld orde (“Dit is nie goed dat die mens alleen is nie”). Hulle vaar so, in sekere gevalle, dat dit beter is vir die man om alleen te wees. Dit was sekerlik beter vir Paulus om alleen te wees as om getroud te wees, so het hy gedink, want hy was meer toegewyd aan Christus en was instaat om elke naweek tronk toe te gaan sonder om sy vrou te traumatiseer.

Nou wat het dit te make met voorbehoedmiddels?

Genesis 1 sê om die aarde te vul en om ‘n seëning te wees. Gaan voort: maak baie babas, ‘n koker vol van babas. Dit is natuurlik en normaal en ek dink ons moet baie babas het. Ek het onlangs gepreek en gesê aan die mense in die kerk met agt kinders dat ons nooit met hulle sal spot nie. Ons is lief vir daardie families en enige persoon wat ‘n groot familie wil hê in hierdie kerk sal ondersteun word. Dit is ‘n goeie ding as jy jou kinders wil groot maak as radikale soldate vir Christus.

Maar as jy groot families verwelkom dan hoekom sal jy iemand afraai om nie kinders te hê nie? Wel, net soos daar ‘n verandering is of jy trou of nie as gevolg van die sonde of verlossing, is daar ‘n verandering in hoeveel kinders jy het en wanneer jy hulle het.

Ek sou eenvoudig sê: Moenie jou besluite baseer op wêreldse beginsels nie. Dit is ‘n moordenaar.

Die wêreld dink kinders is ‘n pyn in die nek en dat jy so min as moontlik moet hê. “Die dagsentrum moet omsien na hulle, baie dankie, want ek het ander dinge om te doen. Bly uit my pad uit. Kinders is net ‘n las.” Maar dit is heeltemal nie hoe ‘n Christen moet dink nie.

Ons moet ons besluite baseer op God se beginsels. As – vir God se redes, evangelie redes, vooruitgang redes en radikale diens redes – nog ‘n kind dwaas sal wees, dan dink ek ons het die reg en die vryheid om te dit te reguleer. Maar sulke regulering moet verseker dat ons nie aborsie gebruik as ‘n maatstaaf wat bepaal wanneer en hoeveel kinders ons mag hê nie.