Kinders Grootmaak Wie Hoop in die Oorwinning van God

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Parenting
Topic Index
About this resource
English: Raising Children Who Hope in the Triumph of God

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Parenting
Part of the series Kinders Grootmaak Wie Hoop in die Oorwinning van God

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).


Efesiers 6:4

Kom ons dink vir ‘n oomblik aan die woord “Here” aan die einde van Efesiers 6:4. “Vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.”

Belydenis dat Jesus Heer is

Here is ‘n uiterse verhoogde titel as Paulus dit gebruik. In Fillipense 2:9-11 sê hy dat “God het Hom uitermate verhoog en Hom 'n Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.”

Om te sê Jesus is “Heer” beteken:

Om te bely dat Jesus Here is beteken dat jy glo Hy sal oor alles triomfeer. Hy is nie ‘n klein-dorpie god nie. Hy is magtiger as Reagan en Gorbachev en Thatcher en Khomeni en Kadafy en al die leiers van die wêreld tesame. Hy sal in oorwinning kom. En as Hy kom, sal Hy net so sigbaar en werklik wees soos Michael Jackson in Minneapolis by die Met Sentrum, maar Christus se skare sal groter wees en sy orkes sal harder wees, en Sy lasers sal soos blits wees van een horison na die ander, en as die konsert verby is, sal al die wreedheid en ongeloof van die aarde verwyderd wees, en dié wat Hom volg sal leef en speel en werk soos die gelukkigste kind kan wees, vir ewig en altyd.

Daarom wil ek afsluit met wat dit beteken om ‘n kind groot te maak in die dissipline en instruksie van die Here – die Koning en Bevelvoerder en Regeerder van alles – beteken dit:

Die Familie in God se Groot Ontwerp vir die Wêreld

Ek bely dat ek baie opgewonde geword het oor pa wees aangesien ek hierdie week gedink het wat ‘n familie is en wat dit beteken in God se groot ontwerp vir die wêreld. Ek word opgewonde:

Boesem ‘n Visie van God se Oorwinning in Ons Kinders

Paulus sê, “Moenie jou kinders vertoorn nie.” Wat bedoel hy daarmee? Hy bedoel nie jy moenie hulle wil verwerp nie. Hy bedoel nie jy moenie hulle begeertes ontsê nie. Hy bedoel jy moenie hulle wil verwerp vir geen goeie doel nie. Moenie hulle begeertes ontsê nie sonder om dit deel van God se groot visie vir die wêreld te maak nie. Wys jou kinders iets wondeliks om voor te lewe sodat wanneer jy hulle wil verwerp en hulle begeertes ontsê, dat hulle sal weet dit is vir een of ander groot doel van God.

Woede kom wanneer dit voel asof ‘n ouer se reëls kleinlik en onbelangrik is – hulle het niks te make met iets werkliks groot of belangrik nie. Maar 'n kind wat die reëls in die huis en die konsekwente toepassing daarvan sien sal die verbintenis begryp.

Hulle sal soos klein soldate wees wat miskien nou sal kla en oor die strawwe opleiding maar wie sal sterf eendag vir hulle kaptein, want die stryd waarvoor hy staan is so groot. Ouers wat dissipline nie as 'n deel van die groot visie vir God se plan gebruik nie, sal op eindig om dissipline te gebruik vir hulle eie private gemak. Kinders sal dit sien en met woede groot word.

So ek dink dit is in die gees en bewoording van ons teks vandag dat ons sê dat die grootste uitdaging vir ouers is om hulle kinders 'n visie te gee van God se oorwinning in die wêreld., en om in hulle vas te lê die wonderlike hoop om te veg aan die kant van waarheid en geregtigheid en vreugde en oorwinning.

Tien Basiese Maniere Hoe om dié Visie in te Boesem

Wat behoort ons te doen? Wel, partykeer help dit om onsself te herinner aan die ooglopende dinge wat ons so maklik nalaat. Dit is wat ek wil doen. En ek hoop dit spoor ons werklik aan om regtig radikale Christene te word.

1.Maak alles in die Lewe Versadig in God

Die eerste ding wat ouers moet doen om hulle kinders in die hoop van die oorwinning van God groot te maak is om die hele lewe te versadig met God.

Ek kan die komberse onthou wat op my kooi was toe ek ‘n klein seuntjie was. Daar was ‘n groen een en ‘n goue een. Hulle was identies, behalwe vir die kleure. En dit is goed want wat werklik saak gemaak het vir my was nie die kleur of hoe sag of glad die rante was nie. Ek sou snoesig onder die kombersie lê, dit oor my trek tot by my nek en dan die twee-duim dik sy-kante van die kombers tussen my vingers vas hou soos ek aan die slaap geraak het. Die sagtheid en gladheid en koelte daarvan het my veilig en gelukkig laat voel.

Ek dink nou aan daardie kombersie as 'n prentjie van die manier baie mense in die kerk God behandel. Hy is die sagte, gladde, gemaklike rante van ons lewens. Hy is nie deur ons hele lewe ingeruig nie. Hy is daar op 'n Sondag op 'n uiterlike soort manier. En Hy is daar ten tye van krisis en probleme. Maar Hy is nie deurlopend in ons lewens nie. Die lewe is nie versadig met God nie.

Hy maak geen verskil in die hoeveelheid tyd ons voor die televisie spandeer nie of wat ons kyk nie. Hy maak geen verskil of die musiek in die huis opbouend is nie of dit ons afbreuk nie. Hy maak geen verskil in die manier hoe die familie Sondag deurbring nie om dit heilig te hou. Hy maak geen verskil in die dissipline van eet, oefening of slaap nie. Hy maak geen verskil in die tipe motor of huis of klere of meubels wat ons koop nie. Hy is amper te alle tye onbelangrik.

En kinders weet dit natuurlik. En hulle kom tot die voordiehandliggende slotsom – God is nie baie belangrik in my lewe nie, en die saak van Christus is niks groots of allerbelangrik nie. God is nie opwindend genoeg om jou hele lewe daarom te bou nie. Hy is 'n tipe noodsaaklike euwel wat op 'n Sondag verduur moet word, maar wat Mondae tot Vrydae verwerp kan word. Jy kan dit baie maklik optel by kinders wat uit hierdie tipe huise kom.

So die eerste ding wat ons moet doen om radikale Christene te wees-of sal ek sê, eenvoudig, ware Christene. Ons moet ons daaglikse lewens versadig met God. Hy moet die bron en eindpunt van al ons planne wees. “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen, alles tot verheerliking van God” (I Kor. 10:31). Die kinders sal dit sien en deur God se genade sal hulle glo dat die oorwinning van God die grootste ding op aarde is.

2. Bid

Dat oorwinning net deur genade kom en in antwoord op gebed. Gebed is die eerste en fundamentele manier hoe ons magte saambou met God in Sy oorwinning oor sonde en wreedheid en ongeloof. En die tweede ding wat ons as ouers moet doen is om te bid vir ons kinders en om hulle te leer om te bid.

Ons moet ons harte uit giet in die geheim waar niemand behalwe God weet wat ons sê, pleit vir die saligheid en heiligheid en deursettingsvermoë van ons kinders. En ons Vader, wie in die geheim sien, sal ons vergoed. Ons moet bid in die teenwoordigheid van ons kinders sodat hulle die verlange van ons hart kan hoor en leer om self te bid. En ons moet bid met ons kinders sodat hulle kan bid in 'n liefdevolle omgewing.

Hoeveel groot manne het getuienis gelewer van die krag van die gebede van hul vaders en moeders. Augustus Strong, wie 'n Baptiste kweekskool president was aan die einde van die 19de eeu en wie 'n sistematiese teologie geskryf het wat nog in druk is, het in sy outobiografie geskryf: “Een van die vroegste dinge wat ek onthou is (my moeder) wat my elke Saterdag oggend in 'n flou beligte binnekamer geneem het na haar dag takies klaar was, en gekniel het met my langsaan terwyl sy my geleer het om te bid. Ek onthou haar voorstellings aan my vir gebed en as ek sou sukkel om my gedagtes uit te druk, hoe sy die eintlike woorde van gebed in my mond sou plaas. Ek sal nooit vergeet hoe, een dag, terwyl ek geslaag het om 'n paar swak woorde op my eie uit te spreek, hoe ek verras was deur druppels wat op my gesig geval het. Hulle was my moeder se trane. My moeder se poging om my te leer bid bly tot vandag toe die beste illustrasie van die Heilige Gees se invloed op gebed. Wanneer ons nie weet waaroor om te bid nie, sal Hy, meer as 'n moeder se vernif en simpatie, ons help met ons swakhede en maak intersessie in ons terwyl Christus intersessie vir ons maak voor die troon (bl. 80).

3. Demonstreer die Belangrikheid van die Bybel

Die derde ding wat ons moet doen om ons kinders groot te maak in die hoop van die toorwinning van God is om die Bybel die belangrikste boek in hulle lewens te maak.

William Quayle, ‘n groot ou Metodiste prediker van 60 jaar gelede, het terug gekyk oor sy ouers se woning en gesê, “Ek sou liewer die seun van ‘n man en ‘n vrou wees, wie in hulle geldelike gebrek niks anders as ‘n Bybel vir hulle geliefde seun kon los nie, as om ‘n afstammeling te wees van koninglikes (William Alfred Quayle, deur M. S. Rice, 1928, bl. 31).

Ek het net gister ‘n klein artikel gelees van William Frankena wie filosofie aanbied by die Universiteit van Michigan in Ann Arbor. Hy sê toe hy ‘n seun was, het sy vader ten minste een hoofstuk uit die Bybel gelees na elke maaltyd en dat hulle die Bybel elke jaar vir 16 jaar klaar gelees het.

Baie van ons is so bang vir net ‘n bietjie weerstand van ons kinders dat ons baie klein doele stel in vergelyking met die standaarde van ons voor-ouers. Na jare van sistematiese leeswerk deur die boeke van die Bybel, is ons hierdie jaar besig om verse te memoriseer gedurende ontbyt. Tot dus vêr het ons hierdie jaar 29 verse gememoriseer.

Ons moet ons kinders help om te voel wat Eugene Nida net hierdie maand in opsomming van sy lewe geskryf het as 'n Bybelse konsultant vir Bybel vertaling dwarsoor die wêreld. Hy sê, “Nog 'n belangrike voorreg (van hierdie werk) was om te ontdek dat die boodskap van die Heilige Skrif is waarlik die mees belangrikste en betekenisvolle boodskap vir die moderne lewe. (Sien ons kinders hierdie oortuiging in ons toepassing van die Bybel?). Om te sien hoe 'n vertsaanbare, duidelike vertaling van die Skrif 'n transformerende effek kan hê op 'n psigologiese neergewerpte hippie, op 'n self-versekerde geleerde, en op 'n depresiewe en onderdrukte Indiese gemeenskap in die Andes, laat my besef dat daar geen werklike substituut vir die goeie nuus is nie (“My Piligrimage in Mission,” IBMR, Ap. 1988, p. 62).

Ons moet ons kinders wys dat hierdie boek die mees belangrikste boek in hulle lewens is en dat dit die antwoorde van die lewe se grootste vrae bevat en dat dit God se strydplan vir triomf neerlê. Daar is soveel meer om te sê oor wat ouers moet wees as ons ons kinders will grootmaak in die hoop van God se oorwinning en wie hulle lewens gee vir die saak van Christus.

4. Wees Lewende Voorbeelde van Geloof

As ons tyd gehad het, sou ons praat oor die behoefte om lewende voorbeelde van geloof en hoop vir ons kinders te wees op praktiese maniere. En ek sou julle vertel van die stories oor hoe my vader totaal afhanklik, vir ons voortbestaan was, van uitnodigings van kerke om te kom preek, maar hoe hy sou sê, wanneer daar groot leemtes was in sy skedule, dat God voorsien vir die wat in Hom vertrou. Hy het dit geglo. En dit het nooit by my opgekom, as sy seun, om te twyfel in God se woord nie of in my vader se geloof dat God altyd sal triomfeer nie.

5. Wees Gelukkig

Ons wil graag praat oor die behoefte om gelukkig te wees, tensy ons ons kinders die indruk wil gee dat die oorwinning van God die oorwinning van duisternis is.

6. Dissipline

Ons sal praat oor die behoefte vir ferm en daadwerklike lyfstraf wat ons herinner aan hoe dit in die lewe van Amy Carmichael haar voorberei het, volgens Elizabeth Elliot, “vir die beproewinge wat sy moes verduur” oppad na die oorwinning van God.

7. Wees Nederig en Gewillig om Verskoning te Vra

Ons wil graag praat oor nederigheid en die gewilligheid om verskoning te vra by ons kinders, en vir hulle wys dat die kruis selfs oor pa se foute triomfantelik is.

8. Doen Saam Aanbidding

Ons wil graag praat oor die behoefte om saam te aanbid sodat die kinders kan sien ma en pa loof God en buig in aanbidding en vertroetel die verkondiging van God se Woord, en kry ‘n voorsmakkie van hoe dit sal wees as die Here in oorwinning sal kom aan die einde van dae.

9. Handhaaf Standaarde vir Daaglikse Heiligmaking

En ons sal praat oor standaarde vir daaglikse heiligmaking want sonder dit kan niemand die Here sien nie. Standaarde van seksuele reinheid, en finansiele integriteit, en streng eerlikheid, en self-beheer, en harde werk – wat dit beteken in praktiese daaglikse terme aan die kant van geregtigheid en genade wat eendag oor die wreedheid sal triomfeer.

10. Liefde

En finaal wil ons graag praat oor die liefde. Ouers wat hulle kinders lief het en kinders wat leer om lief te hê – om te leer dat alles aan die einde nutteloos is sonder die liefde, dat in die wêreld die liefde ‘n sigbare uitdrukking is van geloof in die oorwinning van God, dat in die siel liefde, ongeag wat dit kos, is die pad van vreugde.

Ons grootste uitdaging vir Familie Week is om die tipe kerk te wees en die tipe ouers te wees wat kinders groot maak, jonk en oud, wie hoop in die oorwinning van God.