Wat is Jou Enigste Vertroosting?
Vanuit Gospel Translations Afrikaans
By Kim Riddlebarger
About Perseverance of the Saints
Part of the series A Pastor's Perspective
Translation by Melvin Dirkse
You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).
Van al die Reformasie-era kategisme, is geen ander miskien so gewild soos die Heidelberg Kategisme nie. In die openings vraag en antwoord word die persoonlike en kenmerkende gees van die kategisme duidelik. ‘Wat is jou enigste troos in lewe en dood?” Dit is nie ‘n teoretiese vraag nie – “Wat sou nodig wees vir God om sondaars te troos?” Liewer, hierdie is ‘n praktiese vraag – “Hoe lewe ek my lewe met vertroosting in hierdie wêreld en as ek sterwe?
Die sleutel woord in die eerste vraag is “ vertroosting” (Duits, “trost”). Die woord verwys na ons vetroue in die voltooide werk van Christus. Hierdie vertroosting sluit in die hele lewe en selfs die uur van die dood. Soos een van die skrywers van die kategisme (Zacharius Ursinus) dit stel in sy kommentaar oor die kategisme, hierdie vertroosting behels “die vertroue in die kwytskelding van die sonde en die versoening met God deur en as gevolg van Christus, en ‘n versekerde verwagting van die ewige lewe; beïndruk op die hart deur die Heilige Gees en deur die evangelie, sodat ons geen twyfel het dat ons vir ewig gered is volgens die verklaring van die apostel Paulus: “Wie sal ons skei van die liefde van Christus?” Let op dat die kategisme praat van ons “enigste” vertroosting. Daar is geen ander vertroosting en vertroue as díe in Christus nie.
In antwoord op die eerste vraag, die kategisme sê “Ek, met liggaam en siel, beide in lewe en dood,” sal hierdie vertroosting hê. ‘n Parafrase uit Romeine 14:7-8, hier word ons herinner dat God se sorg deurgans deur ons lewens teenwoordig is. Christus het die vloek verwyder; daar is vertroue van verlossing in hierdie lewe en die opstanding van ons liggame aan die einde van tyd (sien Vraag en Antwoord 57-58). Hierdie kennis vetroos ons nou en maak ons gereed vir dit wat voorlê.
Ons vertroosting kom van die feit dat “Ek is nie my eie nie.” Hierdie woorde word geneem uit I Korintiërs 6:19-20: “Julle behoort nie aan julself nie, want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” Ons behoort aan Christus en Hy sal doen met ons soos Hy wil. Hierdie vertroosting is gebaseer op die feit dat God alles beheer en dat Hy die mag het om dit te doen wat Hy belowe het.
Hierdie wonderlike feit word verder uitgebrei in die volgende gedeelte van die antwoord. “Maar [Ek] behoort aan my getroue Verlosser Jesus Christus.” Die kategisme verwys ons weg van ons geloof (die subjektiewe) na Christus se gehoorsaamheid – my “getroue” Verlosser (die objektief). Christus voldoen in alle geregtigheid en het gesterf op die kruis vir my sonde. Die spesifieke besonderhede van Christus se gehoorsaamheid word in meer detail uiteengesit in die volgende gedeelte van die antwoord: “wie met Sy kosbare bloed.” Hierdie woorde uit I Petrus 1:18-19: “Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos.” Die dood van Christus is die enigste wyse waarmee die mens ontslae kan raak van die skuld van die sonde en waarmee die toorn van God opsy gesit kan word. Die kategisme herinner ons daaraan dat die grondlegging van ons verlossing die werk van Christus is, vir ons, nie ons geloof of ons eie geoie werke nie.
Volgende, die eerste antwoord van die kategisme vertel ons dat die dood van Jesus is die kern van hierdie beloofde verlossing want Hy “het ten volle betaal vir al my sonde.” Christus se dood alleenlik bring versoening met ‘n regverdige en heilige God (Romeine 3:21-26). Geen menslike poggings of godsdienstige seremonies kan dit bewerkstellig nie. Nie net dit nie, maar Sy dood “verlos my van al die werke van die duiwel.” Dit word herhaal in I Johannes 3:8: “Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.” Die duiwel is uit die hemel verwerp sodat hy geen meer aanspraak het oor ons in die hemelse geregshof nie. Christus se oorwinning oor hom is geopenbaar op die kruis (Kolossense 2:13-15).
Die kategisme stel hierdie kosbare waarheid dat ons versekering van verlossing en ons volharding in die geloof die werk van Christus is. “[Christus] beskut my só dat sonder die wil van my hemelse Vader geen haar van my hoof verwyder kan word nie.” Dit word geneem uit Matthéüs 10: 29-30: “Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.” Om in besit te wees van hierdie vertrosende belofte van die Evangelie, moet ek weet dat God se almagtige sorg oor alle aspekte van my lewe strek. Niks gebeur met my sonder die wil van God nie. Trouens, “Alles werk saam ten goede van my verlossing” (Romeine 8:28). God bestuur alles. Hy verlos ons van die sonde. Aan die einde sal God dit mee werk tot my voordeel.
Ten slotte, ons het geleer dat hierdie vertroosting word myne deur die werk van die Heilige Gees. “Deur Sy Heilige Gees verseker Hy ons ook van ons ewige lewe.” Die Heilige Gees dra getuienis van die waarheid van God se Woord en bevestig die belofte aan my dat God almal sal red wie in Christus vetrou. Hierdie selfde Heilige Gees “maak my hartelik gewillig en gereed om my lewe nou aan hom toe te wy.” Dit is God wie Sy goeie werk sal deur sien tot die einde. Daardie Een wat my regverdig sal my ook heilig maak. Hy wat ‘n goeie werk begin het in my sal dit deur sien tot die einde.
Om kennis te dra van hierdie waarhede gee my ongelooflike vertroosting in die lewe en in die dood.