Wat is die Vreugde van die Here en Waar Vind Ek Dit

Vanuit Gospel Translations Afrikaans

Spring na:navigasie, soek

Related resources
More By John Piper
Author Index
More About Joy
Topic Index
About this resource
English: What Is “the Joy of the Lord” and Where Can I Find It?

© Desiring God

Share this
Our Mission
This resource is published by Gospel Translations, an online ministry that exists to make gospel-centered books and articles available for free in every nation and language.

Learn more (English).
How You Can Help
If you speak English well, you can volunteer with us as a translator.

Learn more (English).

By John Piper About Joy
Part of the series Ask Pastor John

Translation by Melvin Dirkse

Review You can help us improve by reviewing this translation for accuracy. Learn more (English).



‘n Baie belangrike vraag kom van ‘n luisteraar genaamd Nicholas wat ons hierdie vraag per epos stuur, wat verskyn op die Vra Pastoor John webblad: “Hello pastoor John, “Waarna verwys dit in Hebreërs 12:2 en Nehemiah 8:10 as dit praat van die “vreugde van die Here?” Hoe vind ons híerdie vreugde?” En hoe kan ons hierdie vreugde in ons lewens toe pas?”

Dit is een van die belangrikste vrae wat enige person kan vra, want elkeen will gelukkig wees en nooit hul vreugde verloor in die elendes van die hel nie. En daarom is die soeke na vreugde en die volheid daarvan wat elkeen na streef. En sou dit moontlik wees dat ons eintlik kan deel in die vreugde van die Almagtige God, sal daar niks groter wees nie en niks meer stabiel en langdurend nie. So dit is belangrik.

Die aanhaling “die vreugde van die Here” in Nehemiah 8:10 verwys na die vreugde wat die Here self gee. “Gaan vier fees, eet en drink, en deel dit uit aan die wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie, as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.” En die vreugde waarna Hebreërs 12:2 verwys is duidelik dieselfde vreugde wat Jesus vandag in die hemel beleef wat Hom gedurende sy leiding onderskraag het. Dit sê, “… die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.”

My aanname uit Nicholas se vraag is dit: Wat is die volste, diepste, mees langdurende tipe vreugde wat ‘n mens kan hê van God, en hoe ontvang ek dit? Hoe vind ek dit? Daardie twee tekste waarna hy verwys is aanwysers vir seker. Maar ek gaan na ‘n ander teks verwys waar die antwoord selfs meer duideliker na vore kom, naamlik, ek gaan verwys na Johannes 15:11 waar Jesus sê, “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap volkome kan wees.” Die rede waarom hierdie teks so belangrik is omdat Jesus verwys na die feit dat sy vreugde in ons is – nie net die vreudge wat ons ontvang nie, maar Sy vreugde wat hy geniet ook in ons is. Ons is nie net verheug in wat ons weet van Jesus nie, ons juig met dieselfde vreugde van Christus oor dieselfde kennis, die kennis van Sy Vader.

Kom ons maak seker ons hoor dit weer. Laat ek dit herhaal. Dit is Jesus. Ek gee aan julle al hierdie instruksies, sê Hy, aangaande die betekenis van die wingerdstok. Dit is waaroor Johannes 15 handel. “Ek is die wingerdstok, julle die lote” (Johannes 15:5). Ek gee aan julle al hierdie instruksies sodat julle my blydskap kan geniet, sodat my blydskap julle blydskap word – dit is ongelooflik, byna: “my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees” (Johannes 15:11). Met ander woorde, “die rede vir die volheid van julle blydskap is toe te skryf aan julle eenheid met My, die loot van die wingerdstok; julle geniet nie meer julle eie blydskap nie. Julle beleef nou my blydskap en julle geneit My blydskap as jul eie blydskap, soos julle in My bly.

As jy hierdie geheimenis verder wil bestudeer – wat ek dink ‘n goeie idee sal wees - kan ons vra: Is dit nie die inwonende Heilige Gees, the inwonende persoon van die Drie-eenheid – wie self die verpersoonliking van die blydskap wat die Vader het teenoor Sy Seun en die Seun vir die Vader – is hierdie blydskap van Jesus in ons nie die teenswoordigheid van die Heilige Gees nie, die Gees van Christus, die Gees van God? So, wanneer die Heilige Gees soos ‘n duif neerdaal op Jesus gedurende sy doop, op watter manier stel die Vader dit in woorde? Hy sê, “Dit is my geliefde Seun,” – hierdie Jesus – “oor Hom verheug ek my” (Matteus 3:17). Met ander woorde, God put oneindige plesier uit die uitnemendheid van Sy Seun, en hierdie plesier word gesimboliseer tydens Sy doop met die koms van die Heilige Gees soos a duif wat op Hom neerdaal.

Luister na Jesus se gebed vir ons aan die einde van Johannes 17: “Ek het U Naam (Vader) aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle” (Johannes 17:26). Met ander woorde, presies dieselfde liefde van die Vader teenoor Sy Seun, die Seun in wie Hy Hom verheug, die Seun wie Hy koester, presies daardie blydskap en vreugdevolle liefde sal in ons wees sodat ons die vermoë het om lief te hê en die Seun te geniet met dieselfde liefde en vreugde as die Vader.

O vir daardie dag, o vir daardie dag! So, om Nicholas se vraag te beantwoord, sou ek sê: Streef die belewenis van hierdie vreugde na deur standvastig te kyk na die hele spektrum van die uitnemendheid in Christus in die Woord van God terwyl jy aanhoudend uitroep vir die Gees om te kom om jou oë te open sodat jy die glorie kan sien en om hierdie glorie te geniet met dieselfde genot van God. As antwoord vir daardie gebed, God sal jou ‘n betekenisvolle mate van die vreugde van die Here gee in hierdie lewe en ook aan die einde sal jy Hom hoor sê, “Kom in en deel in my vreugde” (Matteus 25: 21, 23). En dit sal ten volle wees en ongemeng vir ewig.